| Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 | 帮助 |
|
4月27日 24 - 27 April : TuisskoolkampHierdie jaar se kamp van die Cape Home Educators was in Stilbaai. Nadat die seuns by die laaste kamp deur die visvanggogga gebyt is, is hulle met hierdie kamp gereed vir visvang. Marthen en Corneel het hulle vistokke saamgeneem. Op die fotos is die Klipvis wat Marthen gevang het en die Kolstert wat Corneel gevang het. Dit was goed om die Kaapse tuisskolers nog beter te leer ken. Die weer het ook pragtig gehou. Op die terugpad het die Isuzu gaan staan. Op pad soontoe het hy al soms krag verloor. In Stilbaai het ons toe 'n nuwe dieselfilter ingesit. Toe ry hy weer soos altyd. Net na Swellendam het hy egter gaan. Nadat hy afgekoel het, het hy 'n tweede asem gekry, sodat ons tot Riviersonderend kon vorder. Van daar het oupa en oom Geert van Wijk ons gesleep. Ons is baie dankie vir die moeite wat die oom gedoen het. 引用通告此日志的引用通告 URL 是: http://vandereems.spaces.live.com/blog/cns!4D92B75F0A03AA7F!837.trak 引用此项的网络日志
|
|
|