| Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 | 帮助 |
|
9月29日 21 September : UPSOOp 21 September het die Universiteit van Pretoria se simfonie orkes onder leiding van Eric Rycroft weer 'n konsert gegee. Dit was die keer een van die lekkerste programme. Daar was uitmuntende uitvoerings van Saint Saens se 4de klavierkonsert, asook die 1812 overture van Tsjaikovski. Tydens hierdie uitvoering is die vlae van Frankryk en Rusland ook gewaai. 11 September : WildtuinVan 11 tot 15 September was ons wildtuin toe saam met oupa, ouma, Maryke, Ronald en Mikael. Ons het almal in 'n huis met die naam Zaganaga in Marlofpark gebly, naby die Krokodilrivier ingang. Op die eerste foto is ons in Malelane se SPAR. Die besoek was baie suksesvol. In die drie dae het ons die groot vyf gesien. Leeus, 'n luiperd, buffels, olifante (baie) en renosters. Op die tweede foto is Ronald by die Malelane hek. Maryke en Ronald het 'n motor gehuur vir die geleentheid. 30 Augustus : VerjaardagVir my verjaardag het ons hierdie jaar gaan eet by Toni's, saam met oupa en ouma wat ook daar was. Toni's is gelee in 18de Laan in Villieria en het volgens ons van die lekkerste pizza's. Hulle sjokolade pizza's is ook baie besonders. Dit was baie besig en daar was nie 'n tafel vir ons nie. Toni het egter stoele vir ons gereel en ons kon darem sit. Van die kinders moes op die grond sit, soos julle sien op die foto. Teen die tyd dat die kos reg was, was daar darem al 'n tafel beskikbaar en ons kon heerlik eet. |
|
|