Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 工具 帮助

日志


7月14日

6 Jul : Ella kry kleintjies

Sondagoggend, net voor kerk het Ella toe begin om kleintjies te kry. Dit was 'n oggend van baie spanning en paniek, maar uiteindelik is daar 5 kleintjies gebore sonder 'n probleem. Op die foto is Ella met haar kleintjies.

06072008(002)

2 Jul : Cornelia kom kuier

Cornelia het 'n paar dae by ons gekuier. Sy het Kaap toe gekom om die Stellenbosche Kamermusiekfees by te woon en het die dag voor die tyd by ons oorgebly. Debbie en die kinders het haar die die stad en die see gaan wys. In gietende reen het sy die see aanskou vanuit die kar in Seepunt. Die seuns het egter in die see gegaan, die weer ten spyt. Op die foto sit ons almal by Mugg en Bean op die waterfront.

03072008

Cornelia het toe baie goed gedoen op die fees. Sy het in die hooforkes gespeel.

30 Junie : Huis in die Kaap

Op hierdie dag het ons ingetrek in ons huis in die Kaap, in Kuilsrivier. Dit was 'n enorme werk om alles uit te pak, en 'n paar dingetjies het ook maar verlore geraak in die trek. Op die foto is die uitsig uit ons sitkamer.

13072008(011)

27 Junie : Die groot trek Kaap toe

Op hierdie dag het ons gesin Kaap toe getrek. Die lorrie het al twee dae vroeer gegaan. Op die foto is ons konvooi met twee motors en 'n sleepwa asook die fietse.

27062008

13 Junie : Prof Spoelstra

Prof. Spoelstra het 'n lesing gegee by die preekpunt van die GK Brits Wes, in die stoeisaal van Menlo Park. Die onderwerp was "Kerk : Gemeente of tak?". Op die foto is prof. Spoelstra en Leendert van Oostrum, wat die seremoniemeester was. Prof. Spoelstra het gewoon vanuit die Skrif oor kerkverband en kerkreg gepraat.

13062008(002)

Die lesing is op die Internet en is beskikbaar by Kerk : Gemeente of Tak?

11 Junie : Opel Kadett

Ons was vir die dag Johannesburg toe om die Opel Kadett op die trein te sit om Kaap toe te gaan. Hier staan Jurjen by die wa waarin die motors gelaai word.

11062008(002)

Later die middag was ons na die Pretoria kultuurhistoriese museum waar 'n uitstalling van China was. Op die foto is een van die Terra Cotta soldate wat op die uitstalling is.

11062008(006)

26 Mei : Oos Transvaal

Voor ons Kaap toe trek het ons nog 'n draai in die Oos Transvaal gemaak. Ons het 2 aande oorgeslaap by die Bosman gesin in Lydenburg en die omgewing verken. Op die foto is ons in Graskop by Harrie's se pannekoek restourant. Ons was ook twee dae in die wildtuin en het een aand oorgeslaap. Ons het ingegaan by die Pabeni hek ingegaan en by Numbi uitgegaan.

26052008(013)

10 Mei : Gideon se verjaardag

Die partytjie vir Gideon van Deventer was die jaar op die van Deventers se plot in Kleinfontein. Op die foto is Franscois se afdakkie met die karavaan.

10052008

1 Mei : Hein se verjaardag

Hein se verjaarsdag was hierdie keer in Nylstroom, op sy oom Jan Kruger se plaas daar naby. Die van Oostrums was daar vir die dag en ons het twee aande oorgeslaap. Hier eet ons die koek op die stoep.

01052008

19 Apr : Pug Skou

Dit was weer Pug skou in April. Mollie het 1e prys gewen van "Best Black". Ella het 'n tweede plek gekry vir "Best Tail" en Buster het 'n 3de plek gekry vir "Puppy". Dit was weereens 'n baie lekker en suksesvolle skou. Op die foto is Corneel met Buster.

19042008(002)

16 Feb : Leierskap Kursus

Diederik en Lite was die naweek op 'n leierskap kursus vir perdry. Hier moes die ouer kinders leer hoe om leiers te wees in 'n perdry kursus. Hier leer om te "lunge".

16022008(002)

9 Feb : Atletiek by Kleinfontein

Ons kinders is uitgenooi om saam met die kinders van die CVO Kleinfontein deel te neem aan 'n atletiekbyeenkoms in Kleinfontein. Ons kinders was deel van die CVO Kleinfontein se span en het gekompeteer met die CVO skole van Centurion en Montana. Op die foto is Corneel besig met gewigstoot.

09022008(003)