Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 工具 帮助

日志


7月31日

Seepborrels

Vandag het die kinders 'n manier uitgewerk om enorme seepbelle te blaas. Hulle gooi seepwater op die vloer, en blaas dan borrels met 'n pypie.
7月22日

Weer Jasmyn

Die Grond seminaar was in Brits. Op pad terug het ons weer vie Hartebeespoort gery, en gaan inkopies doen by Jasmyn.
 
Die gebou van Jasmyn het een van die grootste grasdakke. Op die foto word die grasdak van onder af gewys.

Grond Seminaar

Vandag het die Esra Instituut 'n seminaar gehou oor grond. Grond is van verskillende oogpunte beskou. Vanuit 'n juridiese oogpunt en vanuit 'n Skriftuurlike oogpunt. 
 
Dr. Stoffel Kruger het aangetoon dat die Suid-Afrikaanse regering beskou grond vanuit 'n heeltemal ander hoek as westerlinge, en die verskille oor grondhervorming is uitvloeisels uit die verskille in lewens en wereldbeskouing. Verder het hy ook mooi aangetoon dat die aansprake wat tans deur die regering op grond in blanke besit gemaak word, geen historiese gronde het nie. Die swart volke het in Suid-Afrika gekom, dieselfde tyd as wat die blankes dit gedoen het. Terwyl die blankes oorwegend ooreenkomste met die oorspronklike San en Koi gemeenskappe getref het om grond te verkry, het die swart volke eenvoudig die oorspronklike inwoners verjaag. Die binneland van Transvaal was totaal ontvolk weens die Mfekane, waartydens die swart stamme wat daar gewoon het uitgeroei is. Die blankes wat daar gevestig het, het dus 'n ontvolkte land beset.
 
Ds. Opperman en dr. Durand het aangetoon hoe die gee van grond en die wegneem van grond, deel vorm van God se seen en vloek. God gee aan Sy kinders grond, as hulle in gehoorsaamheid aan Hom, Sy koninkryk soek. Ons moet dus in die eerste plek bekommerd wees oor die koninkryk van God, en die grond sal ook in plek kom.
 
Dr. Jordaan en mnr. van Deventer het ingegaan op hoe grond onteiening, en die afskaf van privaateiendom deel is van sosialisme. Grond onteiening lei ook altyd tot hongersnood. Hongersnood in die afgelope eeu het slegs plaasgevind in kommunistiese lande. As die SA regering grondhervorming invoer, kan ons dus hongersnood verwag, net soos wat tans die geval in Zimbabwe is.
 
Op die eerste foto kan die binnekant van die Gereformeerde Kerk Brits Wes gesien word, waar die seminaar gehou is.
 
Op die tweede foto is die sprekers van die dag.
7月17日

15 Julie : Uitstappie Dieretuin

Elke maand is daar 'n pretstap in die dieretuin. Hierdie saterdag het ons weer gegaan. Die hoogtepunt hierdie keer was 'n apie. Die apie was baie aktief die oggend en het hoe piepgeluide gemaak wat 'n bietjie soos 'n alarm klink.

Tromboon

Hierdie week het ons 'n tromboon gekoop asook nog 'n trompet.
 
Die tromboon het ons gekoop, indien een van die kinders in die toekoms dalk die instrument wil bespeel. As Diederik trompet speel, nog iemand tromboon speel en ek horing speel, dan het ons al amper 'n koperblaas kwartet.
 
Hier is 'n foto van al die instrumente.
7月10日

Brief aan Kerkblad oor Tuisonderwys

Geagte Redakteur

In sy artikel in die Junie uitgawe van die Kerkblad, probeer prof. Kobus Mentz 'n gebalanseerde oorsig te gee van die verskillende vorme van Christelike onderwys. In sy bespreking van tuisonderrig vra hy kritiese vrae wat hy meen ouers wat dit oorweeg hulleself moet afvra.

Eerstens meen hy dat ouers hulleself moet afvra of hulle moeilike vakinhoude tot Gr. 12 sal kan aanbied. Hierdie vraag gaan uit van die aanname dat tuisonderwys noodwendig impliseer dat ouers alle vakke self aanbied. Net soos ouers wat hulle kinders na 'n skool stuur, hulle kinders vir musieklesse en ekstra wiskundelesse buite die skool stuur, kan ouers wat tuisonderwys gee, dieselfde doen. Verder is onderwysers by skole ook dikwels nie in staat om moeilike vakke aan die kinders oor te dra nie. As dit so was, sou die gee van ekstra lesse nie so 'n lonende bedryf wees as wat dit tans is nie. Die vraag oor moeilike vakinhoude is dus net so toepaslik vir ouers wat hulle kinders na skole stuur, as ouers wat tuisonderrig gee. Waarom moet ouers wat tuisonderrig gee dan uitgesonder word om hierdie vraag te vra? Moet ouers wat hulle kinders na skole stuur nie eerder die vraag vra of kinders in staat is om moeilike vakinhoude baas te raak binne 'n skoolstelsel, gegee dat onderwyservakbonde in die ontwikkelde lande, op grond van onderling ondersteunende navorsing oor dekades, klasse van groter as 15 beskou as onversoenbaar met aanvaarbare onderwys?

Tweedens meen hy dat ouers hulleself die vraag moet vra rondom sosialisering in skoolverband. Al die beskikbare navorsing toon dat kinders wat tuisonderrig ontvang, geen agterstande betreffende sosialisering het nie. Deidre Bester het 'n studie gedoen oor tuisonderrig in Suid-Afrika. Beeld berig die volgende oor hierdie navorsing: "/I//n haar ondersoek na die sosialisering van tuisleerlinge het Bester 'n toets gebruik wat deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) vir Suid-Afrikaanse leerlinge gestandaardiseer is. Volgens ouers word hul kinders nie sosiaal weens tuisonderrig benadeel nie. Hulle doen moeite om hul kinders met ander kinders in aanraking te bring/." Verder, as prof. Mentz meen dat sosialisering in skoolverband belangrik is, is hy ook verplig om te bewys waarom sulke sosialisering goed is vir kinders, gegee dat 'n groeiende corpus van navorsingsbevindinge daarop dui dat die sosiale en persoonlike ontwikkeling van meer as 60% van kinders nadelig beïnvloed word deur die kunsmatige sosiale struktuur in skole en dat soveel as veertig persent onomkeerbare skade aan hul persoonlikheid opdoen.

Derdens is dit jammer dat tuisonderrig voorgestel word as 'n opsie met baie slaggate. Tuisonderrig is die oudste vorm van onderwys en het 'n bewese rekord van sukses, terwyl onderwys in openbare skole die jongste vorm van onderwys is, met 'n bewese rekord van mislukking en 'n uitgesproke doelwit om waardes wat in stryd is met die gereformeerde leer aan kinders oor te dra. Ouers wat meen dat die primere onderrig by die huis waarna prof. Mentz verwys (dit wat ouers doen nadat hulle moeg van die werk af kom voordat die TV aangeskakel word), opgewasse is teen 35 uur per week voorgeskrewe onderrigtyd by die openbare skool, het heelwat moeiliker vrae om te stel as ouers wat tuisonderrig oorweeg.

Ouers wat tuisonderrig oorweeg en meer inligting verlang kan gerus die Sentrum vir Tuisonderwys skakel by (012) 330 1337.

- Bouwe van der Eems
 nms. Aksie Reformatoriese Tuisonderwys (ARTO)
7月6日

5 Jul : Pretoria Simfonia

Gister het ek gaan oefen saam met die Pretoria Simfonia. Ons oefen vir 'n uitvoering van Beethoven se 3de simfonie. Ek speel die 2de horing party, saam met Henk van de Wetering en Nico van Rensburg.
 
Dit was die eerste oefening dat die horingseksie volledig was, en dit was heerlik om te speel. Veral die Trio in die 3de beweging, waar die horings 'n prominente rol speel.
 
Diederik het 'n foto geneem van die orkes, maar vergeet om die horings in te kry. Volgende keer sal ons 'n beter foto maak.

28 Jun : Boorgat

Ons het die boorgat pomp laat regmaak. Op die foto kan jy die reggemaakte pomp sien.
 
As ons in die gat kyk, lyk dit of daar oorgenoeg water is.
 
Wikkies pompe het die pomp 2 meter gelig, aangesien die pomp in die modder gele het. Nou het ons weer ons eie water, en kan ons die groentetuin daarmee aan die gang hou.

Nog Palisade

Ons het nog palisade opgerig op ons symuur tussen ons en Martie hulle. Ons het die materiaal aangekoop, en Jacob het die installasie gedoen. Dit lyk nou heelwat beter as die lemmetjiesdraad wat ons tot dusver gehad het.
 
Dit lyk nie te sleg met die oksiedverf nie, maar ons gaan dit nog grys verf om te pas by die kleur van die geute.
7月3日

2 Jul : Kuier

Gister het ons gekuier met vriende, Michiel Durand, Slabbert le Cornu en Francois van Deventer. Dit was by Michiel se huis gewees.
 
Ons het almal saam ge-eet en gekuier, omtrent die hele sondag. Sien die foto.
 
Die kinders het gespeel en gesosialiseer. Michiel het ons 'n oorsig gegee van Deridda se taalfiliosofie, en watter effek dit het op die wyse wat ons met die Skrif omgaan.
 
Ons het ook uitgewerk dat die kinders van ons vier gesinne meer is as die hoeveelheid kinders van 'n gemiddelde gemeente in die GKSA.
7月1日

Jasmyn

Vandag het ons saam met die van Deventers en die van Heerdens 'n besoek afgele by Jasmyn.
 
Jasmyn is melkplaas, wat gekombineer is met 'n aantal besighede. Ons het 'n toer gedoen deur die plaas, en aan die einde van die toer het ons 'n ete gekry by die restourant.
 
Die plaas gebruik Jersey koeie, en het tans omtrent 350 koeie. Om 'n melkplaas winsgewend te bedryf is deesdae 'n wetenskap. Die plaas maak baie gebruik van rekenaarstelsels wat allerhande aspekte van die boerdery te bestuur. Op die tweede foto kan julle 'n kalfie sien by 'n drinkmasjien.
 
As die kalfies weggeneem word by hulle ma, drink hulle uit 'n masjien. Hierdie masjien weet presies wie die kalfie is wat drink, en bereken dan outomaties hoeveel die kalfie mag drink.
 
Ons was baie beindruk met hoe die boerdery bedryf word. Gegee dat dit baie beplaningsvaardighede vereis om 'n plaas effektief se bestuur, beteken dat die politieke lojaliste wat grond gaan kry uit die grondhervormingsprogram, nie in staat gaan wees om winsgewend te boer met die plase wat hulle kry nie. Dit sal impliseer dat daar minder landbouprodukte geproduseer gaan word. Wanneer dit gebeur, kan dus verwag word dat die pryse van landbouprodukte gaan styg.