Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 工具 帮助

日志


6月27日

27 Junie : Sneeu in Johannesburg

Dis nou middel van die winter, en die Transvaal is getref deur 'n koue front. In sekere gedeeltes van Johannesburg was daar sneeu. Op die foto is 'n motor in die strate van Braamfontein wat vol sneeu is.

14 Junie : Staking

Tans is daar 'n staking van staatsdienswerkers in Suid-Afrika. Die staking affekteer hoofsaaklik die sentrale staatsdiens en die provinsiale owerhede, en die areas waar die effek die meeste gevoel word is in die staatshospitale en die staatskole.
 
Die munisipale werkers het ook vir 'n dag gestaak uit simpatie vir die staatsdienswerkers. Volgens 'n skrywe van die stadsraad van Johannesburg het hierdie staking byna geen invloed gehad op dienslewering nie.
 
Die strate van Braamfontein vertel egter 'n ander storie, aangesien die strate vol was met vullis wat  nie verwyder was nie.

16 Junie : Vuurherd

Nadat ons 'n hele rukkie moet wag, het ons vuurherd opgedaag. Ons het dus nou 'n vuurherd in die sitkamer en die antrasiet stoof in die eetkamer, en ons is nou ten volle toegerus vir die winter. Ons hoop om vele gesellige aande in die sitkamer deur te bring.

8 Junie : Ella

Diederik se verjaarsdaggeskenk was om ook sy eie mopshondjie te kry. Op hierdie dag het ons uiteindelik die mopshondjie gaan haal. Die persoon wat haar verkoop het, het in Witbank gewoon. Ek moes met die tolpad ry tot by die tolhek, en daar het ek die man gekry. Daar het ons toe omgedraai met die hond in die kar.
 
Diederik het die hond toe Ella genoem. Dis 'n ligte bruin (Fawn) mopshondjie. Nou het ons dus 'n swart en 'n "fawn" mopshondjie.
 
6月7日

2 Junie : Simfonia Juventus

Deur ons vriende, kry ons kaartjies vir die uitvoering van Simfonia Juventus. Dis 'n jeugorkes bestaande uit uitgesoekte kinders uit skole vanoor die hele land, maar ek dink seker hoofsaaklik Transvaal.
 
Die uitvoering is soos gewoonlik in die ZK Mathews saal by Unisa. Die program het bestaan uit werke van Schubert, Mendelsohn en moderne komponiste. Daar was 'n klaviersolis en 'n blokfluit. Die blokfluitsolo was Tsardas, gespeel op die sopranino. Dit was vir my goed dat daar 'n blokfluitsolo was, want dit plaas die blokfluit 'n bietjie meer op die voorgrond.

30 Mei : Diederik verjaar

Hierdie dag het Diederik verjaar. Die middag het ons by die Pienaars gaan kuier, en die aan saam met hulle by Toni's in 18de Laan gaan eet. Toni's is altyd 'n treffer, veral met 'n malvalekker en sjokolade pizza as nagereg.
 
Op die foto is Diederik saam met die Pienaar seuns op die foto. Dit was donker, en dit lyk of die seuns gesukkel het om hulle oe oop te hou vir die tyd wat dit geneem het om die foto te neem.

16 Mei : Dum Spero Spiro

Hierdie aand het ons die jaarlikse gedenklesing van die departement Latyn bygewoon. Dit was nogal indrukwekkend. Die Aula van die Universiteit Pretoria was vol vir die geleentheid, en almal was deftig geklee.
 
Die tema was "Dum Spero Spiro" - Solank daar asem is, is daar lewe. Die lesing het gehandel oor die geraas in die borskas, oftwel Asma. Dit is gedoen deur een van die leidende longkenners in Suid-Afrika. Na die tyd was daar pizza en wyn. Ongelukkig het ons huisbesoek gehad, en toe los ons dit maar.
 
Voor die lesing was daar musiek. Op die foto kan jy Wim Viljoen agter die orrel sien and Anton Deelen op die trompet. Agter die kateder is Corrie Schuman besig om reg te maak vir die lesing.

13 Mei : Anna Katharina

Op hierdie sondag is Anna Katharina gedoop, die agste kind van Michiel en Riemke Durand. Ons het die doop bygewoon by die gereformeerde kerk Daspoort.
 
Op die foto is die dogtertjies van Durand and van Deventer. Pragtig uitgedos vir die okasie.

12 Mei : Bloubulkoors

Hierdie naweek was daar weer groot rugby in Suid-Afrika. Die Blou Bulle het teen iemand anders gespeel. Oral in Pretoria het mense met vlae geswaai. Die koors het hoog geloop.
 
Soos dikwels op saterdag, was ek en van die kinders in die winkels om spesiale aanbiedings by die Checkers te koop. Dit was lekker rustig, want almal was voor hulle TV's. Die Checkers het egter ook gees gevang. Op die foto kan jy broodjies sien wat blou gekleur is, ter ere van die groot rugby. Op 'n afstand lyk dit of die broodjies gemuf is, maar van nader kan jy sien dis gekleur.