Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 工具 帮助

日志


6月25日

Braaivleis

Vandag het ons braaivleis gemaak. Diederik het hoender gebraai op die rooster, en Marthen en Corneel het hulle eie groot vuur gemaak. Hierdie week het die kinder 'n ronde vuurherd van bakstene gemaak. Dis binne hierdie vuurherd wat hulle die groot vuur gemaak het. Hulle het hierdie vuur gebruik om stokbrode mee te maak. Op die foto kan die groot vuur in die vuurherd gesien word.
6月23日

17 Junie : Herman van Heerden verjaar

Herman van Heerden se verjaardag is gevier op die van Heerdens se grasplaas naby Bapsfontein. Ons en baie ander het ons fietse saamgeneem, en die kinders kon heerlik ry op die plaas.
 
CD het die kinders verder rondegery met 'n trekker en 'n was. Sien eerste foto.
 
Ons het van die vuurwerke saamgeneem wat ons oorgehou het van oujaarsaand. Daar was nog heelwat sparklers oor vir kinders. (sien 2de foto) Daar was ook heelwat vuurpyle wat hoog opskiet, wat ons nie kansgesien het om in ons agterplaas af te skiet nie.

16 Junie : Klub 3/5

Op hierdie dag het Klub 3/5 (van die GK Oos Moot) gekuier op CD van Reenen se plot in Boschkop. Daar was 'n goeie opkoms, en daar was meer kinders as volwassenes, aangesien baie van die mense wat gekom het, groot gesinne het.
 
ds. Faan Smit het almal getrakteer op potjiekos met wildvleis. Johan Buys het sy 4X4 motorfiets gebring, en die kinders kon saamry op CD se 3X 3. Sien die foto.
6月12日

9 Junie : Pieter van Deventer verjaar

Die naweek was weer gevul metkoek. Saterdag het Pieter van Deventer verjaar. Op die foto kan die partytjie gesien word.
 
Na die kersies uitgeblaas is, het Francois en myself saam met die kinders op die Magaliesberge 'n entjie gaan stap. Ons kon nie ver gaan stap nie, want die klein dogtertjies het gou moeg geword. Tog is dit altyd lekker om 'n mooi uitsig oor die Moot te kry.
6月9日

8 Junie : Selfverdediging kursus

Hierdie week het ons hele gesin vir 4 aande lank 'n kursus in selfverdediging gedoen. Ons soek al lank hierna en hierdie kursus was presies wat ons gesoek het.
 
Die kursus was gehou in die ooste van Pretoria, maar die laaste aand was by ons huis. Die foto is daardie aan geneem. Soos jy kan sien is die Sony-Ericsson nie baie goed as die lig nie goed is nie.
 
Die kursus fokus daarop om uit gevaarlike situasie te kom, soos wanneer jy gewurg word of met 'n pistool aangehou word. Ons gaan defnitief aanhou om dit wat ons geleer het te oefen en verdere kursusse te doen.

7 Junie : Oorhoofse kabel

Die kragkabel van die kragpaal tot ons agterbuurman het altyd bo oor ons huis gegaan. Die buurman het egter sy meter laat skuif na voor sy huis, en daardie meter gebruik 'n ondergrondse kabel.
 
Met die installering van die ondergrondse kabel, kon die kabel oor ons huis verwyder word.
 
Op die foto hou Jurjen die los kabel vas wat hulle besig is om af te haal.
 
Hierdie oorhoofse kabels het soliede koper binne in, en hulle is so hard soos stawe. Hulle is egter ook baie goed ge-isoleer met harde plastiek, en mens kan dus niks oorkom as jy daaraan sou raak nie.
6月5日

3 Junie : Simfonia Juventus

Saterdagaand het ons die uitvoering bygewoon van Simfonia Juventus. Dis 'n jeugorkes saamgestel uit die beste spelers van omtrent 33 skole oor die land.
 
Die uitvoering het onder andere die vioolkonsert van Bruch en die 2de klavierkonsert van Chopin ingesluit.
 
Die uitvoering was baie goed, gegee dat dit nog skoolkinders was. Dit lyk of horingspelers maar skaars is, aangesien slegs die 1ste horing party deur 'n horing gespeel is. Die 2de en 3de horingpartye is gespeel deur fagotte en die 4de party deur 'n sopraan saksofoon. Ondanks hierdie gebreke, het dit nie te sleg geklink nie. Veral die viole het beindruk met hulle netjiese samespel.
 
Die konsert het plaasgevind in die groot saal by UNISA.
 
Alhoewel Marthen aan die slaap geval het, het die res van die kinders die hele konsert wakker gebly.

3 Junie : Millitere uitstalling

Saterdag was ons by 'n millitere uitstalling by Fort Skanskop, naby die voortrekkermonument. Daar was heelwat uitstallings wat interesant was.
 
Eerstens was daar 'n uitstalling van die SA Weermag. Daar was 'n tenk, 'n G6, 'n helikopter en enkele anderes. 'n Dame van die weermag het met entoesiasme verduidelik hoe goed hierdie wapens is. Dis net moeilik om te verstaan wat die SA weermag met hierdie wapens wil doen in die huidige situasie.
 
Tweedens was daar 'n klein voortrekkerlaer. By hierdie laer was daar seep te koop wat van beesvet gemaak is. Verder het hulle 'n demonstrasie gegee hoe die ou pangewere gewerk het. Die pangewere is van voor gelaai met kruit en koeels. Hierdie lading is dan aan die brand gesteek via 'n gaatjie deur die loop na 'n klein pannetjie buite die geweer. In die pannetjie was ook 'n bietjie kruit, wat met 'n vuursteentjie aangesteek word as die sneller getrek word. Op die eerste foto kan mens die demonstrasie met die pangewere sien.
 
Derdens was daar 'n demonstrasie deur die Heilbron kommando. Hierdie kommando kom van Engeland af. Die mense het die Mauser geweer, wat die boere in die 2de vryheidsoorlog gebruik het, en die Lee Metford, wat die Engelse in die 2de vryheidsoorlog gebruik het, gedemonstreer.
 
Verder was daar 'n uitvoering van die weermag se orkes, asook 'n doedelsak orkes. Op die tweede foto kan gesien word hoe die doedelsakke gestem word. Dis 'n nogals 'n langdradige prosedure. Hierdie die leier van die orkes tussen twee doedelsakke, terwyl hy hulle probeer stem.
 
Verder was daar enkele stalletjies en praatjies.