| Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 | 帮助 |
|
5月2日 2 Mei : Antrasiet kaggelVandag het ons 'n Antrasiet kaggel laat insit om ons warm te hou hierdie winter. Laas winter was daar heelwat probleme met die beskikbaarheid van gas. Antrasiet stowe dan dag en nag loop en mens kan kole vir die hele winter aankoop. 1 Mei : WielepartytjieOp werkersdag het ons saam met die Kruger gesin hulle seun Hein se verjaardag gevier. Dit was 'n wiele partytjie en al die kinders het hulle fietse saamgeneem. Die grootmense het by die piekniekarea gekuier. Dit was 'n groot sukses omdat daar baie ruimte was om fiets te ry. Alhoewel dit nie eintlik bemark word as 'n piekniekterrein nie, is dit 'n uitstekende plek vir 'n piekniek vir 'n billike prys. Op die foto is die uitsig oor Pretoria met wolke in die vorm van die getal 7. Op die ander foto is die kinders besig om stolbrood te maak. |
|
|