Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 工具 帮助

日志


5月30日

Diederik verjaar !!!

Vandag is Diederik se verjaardag. Hy is vandag 13 jaar oud. Sy verjaardaggeskenk was 'n "joystick".
 
Ons het reeds in Januarie Flight Simulator gekoop, by die vlooimark in Bruma Lake. Nou kan Diederik lekker daarmee speel met die "joystick"
 
Daar gaan nie 'n partytjie vandag wees nie. Debbie, die kinders en die Pienaars gaan "Ice Age II" kyk by Brooklyn. Sondag gaan ons 'n paar vriende uitnooi vir koffie.
 
Op die foto kan Diederik gesien word met die Joystick en Flight Simulator.
5月29日

Badskuim is op

Sateraand was die badskuim al weer op. As jy na die foto kyk, sal jy weet hoekom.
5月23日

Eistedfodt

Daar was vandag 'n Eistedfodt in Pretoria, en ons het spesiaal gegaan om vir Nico Pienaar te gaan luister. Weens 'n misvertand, het ons aangekom nadat alles al klaar was. Nico en die ander spelers het toe spesiaal vir ons van hulle stukke gespeel
 
Nico het ook A++ gekry vir sy optrede.
 
Op die foto speel Nico en Simon 'n beweging uit 'n Brandenburgkonsert (die een wat blokfluite gebruik) van JS Bach.

19 Mei - Jaarvergadering VGL

Die Vereniging vir Gereformeerde Lewenswyse (VGL) is 'n vereniging wat hulle beywer vir 'n gereformeerde lewenswyse. Hulle gee 'n blad uit met die naam "Waarheid en Dwaling" en hulle hou elke jaar 'n jaarvergadering. Dit gaan uit van enkele predikante in die kerkverband van die Gereformeerde Kerke in SA (GKSA).
 
Hierdie jaar het die jaarvergadering die tema van "Ekumene" gehad. Daar was 4 sprekers wat die onderwerp uit verkillende hoeke benader het.
 
1) Prof. Paul Kruger van Universiteit van die Noorde het ekumene belig vanuit die ou testament. In die lesing is 'n paar aanduidings gegee wat ekumene beteken het in die OT.
 
2) Ds. Momberg van die GKSA Kandelaar het ekumense belig vanuit die nuwe testament. Die lesing is met baie entoesiasme gegee, maar ek kon nie uitmaak wat hy probeer se nie.
 
3) Ds. E. Kayayan van doe GKSA het die onderwerp vanuit die sending belig. Hy het veral 'n interesante perspektief gegee op vandag se sinkrone tydsbeskouing teenoor die bybel se diasinkrone tydsbeskouing.
 
4) Prof. Dolf Brits van die Universiteit van die Vrystaat het 'n repliek gelewer op almal. Hy het ook 'n oorsig gegee oor die ontwikkeling van die konsep van ekumene vanaf die Griekse tyd tot nou.
 
Die interesantheid van die lesing het gewissel van niksseggend tot insiggewend. Daar het vir my egter twee tendense uitgekom:
 
a) Uitterlike strukture word toenemend van min belang geag. Alhoewel baie mense dit al vir baie jare se, is dit nou die eerste keer dat prominente persone in die GKSA dit waag om dit te se.
 
b) Die sprekers gee oor die algemeen nie konkrete antwoorde op vrae van die publiek nie. Baie vrae is ge-ignoreer of slegs op 'n baie hoe: vlak geantwoord of ontwykend geantwoord.
 
Verdere observasies:
 
1) Die opkoms was nie baie goed nie. Ek skat omtrent 40-50 mense.
2) Daar was nie eintlik belangstelling vanuit die VGKSA nie. Slegs ds. Mendel Retief was daar.
3) Daar was min vrae. Op beide dae het die bespreking vroeer as beplan ge-eindig.
 
Die VGL probeer 'n profetiese stem wees in hierdie tye van verval in die kerk. Myns insiens faal hulle hierin, aangesien hulle nie in staat is om konkreet leiding aan lidmate te verskaf nie. Aan die ander kant is daar ook hoop. Indien hulle die logiese konsekwensies uitwerk van die standpunte wat hulle oor formele strukture begin huldig, kan hulle dalk losgemaak word van die beperkings wat die strukture op hulle plaas, en begin om werklik relevant te word.

17 Mei - ds. Johan Bosman

Ds. Johan Bosman het 'n beroep gekry van die Afrikaanse Protestanste Kerk, en het hulle onttrek uit die Vrye Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. Hy wag tans nog vir 'n spesifieke beroep van 'n gemeente in die APK kerkverband, en in die tussentyd help hy die gemeente in Pretoria. Hy en sy gesin woon in 'n huis op die kompleks van die hoofkantoor van die APK in Brooklyn. Die hoofkantoor is 'n pragtige ou gebou wat gerestoureer is, en kan hier op die foto gesien word.

12 Mei - Bazaar van NG Kerk Pierneef

Op 12 Mei was dit die bazaar van die NG Kerk Pierneef. Ons het almal gou daar gaan kyk. Daar was nie veel om te koop nie. Dit was maar hoofsaaklik kos wat te koop was. Een van die dinge wat jy kon doen, was om jou woede uit te haal op die wrak van óu Fiat Uno.
 
Binne in die saal was daar 'n orkes. Nadat ons lekkergoed ge-eet het, en 'n bietjie gekyk het hoe mense die Fiat moker, is ons weer huistoe.
5月10日

Corneel

Vandag het Stefanie Bosman kom kuier met al die kinders. Terwyl hulle gespeel, het Corneel homself soos 'n vet vrou aangetrek. Sien foto. Ook op die foto is Lambert en Marthen Jan.
5月8日

Begrafnisondernemer

Vandag ry ek deur Pretoria op pad na Dimension Data. In die middestad sien ek 'n motor van 'n begrafnisondernemer.
 
Hierdie ondernemer se slagspreuk is "Your partner in grief".
 
Die foto is aangeheg, en as jy mooi kyk sal jy die spreuk sien.
 
Begrafnisse is 'n sterk besigheid in Suid-Afrika. Baie mense sterf aan VIGS, en onder die blankes is die bevolking sterk besig om te vergrys.
 
Aangeheg is ook 'n foto van die NG Kerk Vilieria. Hulle het onlangs nisse laat bou by die kerk. Die nisse kan op die foto gesien word,
 
 
5月6日

Dieretuin

Ons gesin is lid van die Vriende van die Dieretuin van Pretoria. Vandag was ons by 'n geleentheid wat gereel is vir die vriende. Eers het ons 'n toer met 'n gids deur die dieretuin gehad, en daarna het ons saam gebraai in die Dieretuin.
 
Die uitstappie is gekombineer met die verjaarsdag van Gideon van Deventer. Hierdie uitstappie was deel van sy verjaardag partytjie.
 
Op die fotos kan die herfskleure van bome gesien word, asook 'n seekoei wat ons van naby kon sien.

Weer Londen

Inderhaas moes ek weer Londen toe gaan vir 'n werkswinkel op Woensdag en Donderdag 3 en 4 Mei. Omdat daar geen vlugte was nie, moes ek die maandag al vlieg.
 
Omdat ek 'n dag vroeer was, het ek 'n middag gehad om in Londen deur te bring. Ek het die geleentheid gebruik om blokfluit musiek te koop vir Nico Pienaar. Ek het die winkel "Early Music Shop" en "Chapel" besoek. By eersgenoemde het ek anti kondensant gekry, waarna Nico al so lank soek. Dis 'n middel was keer dat 'n blokfluit vol spoeg raak. Die fotos van Early Music en Chapel is aangeheg.
 
Verder was die verblyf in Londen sonder besondere insidente.