| Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 | 帮助 |
|
4月25日 13 Apr : MollieOns nuwe mopshondjie se naam is Mollie. Ons het haar gekry toe sy 6 weke oud was. Hier is sy nou ook op die foto. 12 Apr : Nuwe mopshondUiteindelik het ons 'n nuwe mopshond gekry. Na maande lank elke Donderdag na die Junkmail kyk, het ons uiteindelik 'n swart wyfie gekry vir 'n billike prys.
Ek moes egter wel al die pad na die suide van Alberton ry vir die hondjie.
Op die fotos is pa en die ma van ons hondjie. Beide is swart. 28 Mar : StaalburgerBy die werk in Braamfontein praat ek met kollegas oor die program Staalburger deur Fanus Rautenbach. Toe gaan kyk ek op die Internet, en siedaar, die programme is op CD beskikbaar by die SAUK.
Aangesien die SAUK sommer naby die werk was, ry ek gou oor en koop 'n stel CD's. Op die foto kan jy die geboue van die SAUK sien. 27 Mar : Hebreeuse KursusOns het Woensdag klaargemaak met 'n Hebreeuse kursus by Simga Malan. Vir 'n maand lank het ons elke Dinsdag vir 'n aand gegaan. Die benadering om Hebreeus te leer was soos wat kinders in Graad 1 leer lees. Een vir een leer jy die klanke en die letters. Teen die einde van die kursus kan jy dan lees. Jy verstaan nog nie die woorde nie, maar jy kan hulle lees en in die woordeboek opsoek.
Ons het ook 'n Hebreeuse ou testament gekry aan die einde van die kursus en ons het 'n woordeboek gekoop. Op die foto is die verversings aan die einde van die laaste aand. |
|
|