| Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 | 帮助 |
|
4月26日 Speiale Klassis op 25 AprilOp 25 April was daar het die klassis Pretoria Moot vergader by die GK Innesdal. Dit was 'n spesiale klassis om sg. probleme in die gemeente GK Oos Moot te bespreek.
Omdat hierdie klassis waarskynlik van groot belang gaan wees vir die toekoms van die gemeente Oos Moot, het die klassis baie belangstellendes gelok. Daar was heelwat gemeentelede, ampsdraers en selfs predikante uit ander dele van die land, soos ds. ALA Buys en ds. Robert Bain. Die voorsitter het genoem dat dit waarskynlik die grootste vergadering van die klassis ooit was.
Die moderamen het uit die volgende persone bestaan:
Voorsitter : ds. Erasmus van Wonderboom Suid
Onder Voorsitter : ds. Momberg van GK Kandelaar
Skriba : ds. de Beer van Meintjieskop
Hulp Skriba : ds. Aucamp van Bergsig / Andeon
Op die foto word die moderamen getoon terwyl hulle oppak aan die einde van die klassis.
Die volgende groot sake is bespreek:
1) Die bilaterale gesprekke tussen die GK Kandelaar en die Vrye Gereformeerde Kerk Pretoria
ds. Momberg het 'n oorsig gegee van die ondernemings wat getref is tussen die GK Kandelaar en die VGK Pretoria. Hierdie gemeentes erken mekaar as ware kerke, ruil kansels alhoewel erken mekaar se nagmaal, alhoewel nog nie heeltemal op die vlak van engere korrespondensie nie. Die klassis het ge-oordeel dat hierdie bilaterale gesprekke nie in stryd is met sinodebesluite en het die GK Kandelaar krag toegewens met die voortsetting van hierdie gesprekke.
2) Die 2005 visitasie van GK Oos Moot
Daar is nog sake uitstaande voortspruitend uit die visitasie van 2005 aan GK Oos Moot. Dis hou onder andere in dat daar terugvoer aan die gemeente gegee moet word oor die visitasie. Een van die visitatore, ds. Momberg het gese dat kerkraad van GK Oos Moot die visitasie rapporte aan die gemeente kan versprei en die skribas van die GK Oos Moot en GK Kandelaar kan voortgaan om 'n geleentheid te gee waartydens hy terugvoer sal gee aan die gemeente.
3) Appel van oudl. Hibbert teen die besluit van die kerkraad (KR) van GK Oos Moot om nie die visitatore vir die voortgesette visitasie te ontvang nie. - Die appel is ontvanklik verklaar - Die appel slaag nie, aangesien die besluit waarteen ge-appelleer word, later verval het.
4) Appel van oudl. Hibbert teen die besluit van die KR van GK Oosmoot, om ds. Smit toe te laat om voorsitter van die vergadering te wees van die vergadering waartydens die KR die visitasie bespreek het. - Die appel is ontvanklik verklaar - Die appel is na 'n kommissie verwys.
5) Appel van oudl. Hibbert teen die besluit van die KR van GK Oosmoot om 'n klag van diaken Kruger teen ds. Smit onontvanklik te verklaar - Die appel is ontvanklik verklaar, na baie diskussie - Die appel is na 'n kommissie verwys.
6) Appel van diak. Kruger teen die besluit van die KR van GK Oosmoot om nie ampsdraers te bind om skrifberymings te sing nie - Die appel is ontvanklik verklaar - Die klassis meen dat die appel nie slaag nie, en het die kommissie versoek om deeglik geformuleerde redes aan diak. Kruger te verskaf.
7) Beswaarskrif van oudl. Steenkamp teen die bestaan van die Esra Instituut - Die beswaarskrif is onontvanklik verklaar.
8) Versoek van oudl. Hibbert waarin versoek word dat die klassis ingryp in die GK Oosmoot. - Die versoek word onontvanklik verklaar.
Die klassis sal op 6 Junie gekontunieer word wanneer die kommissie terugvoer sal gee oor die apelle. 4月24日 Warmbad 24 Apr : Klein KaribaHierdie was ons laaste dag by Klein Kariba. Ons het vir oulaas almal put-put gespeel. Al die 18 putjies (sien foto 1).
Daarna nog 'n bietjie geswem. Hierdie keer was Debbie ook by die supertube af.
Daarna was dit weer huistoe. Op die 2de foto kan die Isuzu gesien word met sy dak-koffer en die fietse agterop. Die reis was heel suksesvol, veral omdat die kinders 'n groot deel van die pad geslaap het. Warmbad 23 Apr : NylstroomDie sondag het ons eredienste bygewoon by die Gereformeerde Kerk Waterberg, waar ds. Sarel Cilliers gepreek het. (sien foto 1) Hier kan mens nog goed onderrig word in die gereformeerde leer.
Op pad terug, het ons die kerkhof besoek van mense wat gesterf het in die konsentrasiekampe waarin die Engelse die vroue en kinders van die boere aangehou het tydens die 2de Anglo Boere-oorlog. (sien foto 2)
Tydens ons vakansie het beide Debbie en ek 'n boek deur van Blerk gelees oor die Ossewa Brandwag. Een van die doelstellings van hierdie organisasie was om te verhoed dat boere gebruik word om die Engelse te help tydens die 2de Wereldoorlog, juis omdat die wonde van die 2de Anglo Boere-oorlog en die rebellie nog so vars in die geheue was.
In hierdie konteks was dit baie ironies om langs die kampkerkhof 'n monument te sien te ere van die mans wat gesterf het in die 2de wereldoorlog. Warmbad 20-22 Apr : Klein KaribaNa Marula is ons na Klein Kariba. Daar het ons in 'n berghut gebly. Dis 'n goed toegeruste hut, en jy is baie privaat en omring deur bosse.(sien foto 1)
By Klein Kariba is daar baie fasilitieite wat die kinders kon besig hou. Daar is 'n supertube (sien foto 2), trampoliens en warm swembaddens. Die saterdag het ons ook perd gery (sien foto 3) en op trapbote gery (sien foto 4).
Verder was daar nog skyfskiet en rotsklim.
Al hierdie dinge behoort ervarings te wees wat die kinders nie sommer sal vergeet nie. 4月21日 Warmbad 18-19 Apr : MarulaVan 18-19 April was ons by Marula Mountain Village naby Warmbad. Daar
het ons in twee tente gewoon. Die tente het al die geriewe wat mense
nodig het vir 'n baie billike prys. Stofies, ligte, yskas, beddens ens. Daar was 'n speelparkie vir die kinders en twee swembaddens en trampoliens. By die plek langsaan kon ons in warm swembaddens gaan swem. Die eerste foto wys hoe die kinders in die warm swembad swem. Die tweede foto wys hoe die kinders op 'n perd ry. Op die foto is Corneel aan die beurt. Op die derde foto word die vuur gewys toe ons die aand gebraai het. 4月17日 VuurdansVanaand het ons gebraai by die huis. As ons braai, maak die kinders
altyd 'n groot vuur in die kruiwa. Vandag was dit weer so. Op die foto
sien jy die groot vuur en die kinders wat om die vuur dans. 4月15日 Pretoria DieretuinVandag het ons deelgeneem aan 'n pretstap by die Pretoria dieretuin.
Ons hele gesin het ongeveer 4 km gestap deur die dieretuin. Aan die
einde het ons almal 'n medalje gekry. Op die eerste foto is die haai in die dieretuin se akwarium. Op die tweede foto is vie en van Francois van Deventer se kinders wat na lemurs kyk. Na die tyd by die huis het ons die Liquorice ge-eet wat ek van Londen af gebring het. Die kinders het mannetjies daarvan gemaak. Op die derde foto is die mannetjie wat Dierderik gemaak het. 4月14日 LondenEk was van maandag tot woensdag in Londen, vir vergaderings met Dimension Data mense in Londen. Dimension Data het kantore in die middestad in Fleet Place 2. 'n Uitsig uit die kantoor is in die eerste foto. Die groot kantore is egter buite Londen in 'n dorpie met die naam Fleet. Dis net langs die stasie in Fleet, en kan gesien word op die tweede foto.
Ek het 'n goedkoop hotel oor die Internet bespreek, in die area Queensway, die Hyde Park Towers. Dis by die Bayswater ondergrondse stasie, en is ook naby Hyde Park. Dit was 'n goedkoop en eenvoudige hotel, maar niks kom kort nie. Die derde foto wys die omgewing naby die hotel. 4月7日 Die TuinhoekieDie Tuinhoekie, 'n tuinwinkel so 'n 100 meter van ons huis af, het sy gebou oor die laaste maande baie opgeknap. Geruime tyd gelede het hulle die mure bedek met leiklip en later het hulle die boonste gedeelte helder groen geverf.
Die laaste week het hulle groot borde opgesit, en die laaste bietjie verfwerk afgehandel. Op die foto kan mens sien dat dit nou baie mooi lyk. 4月6日 SwembadHierdie jaar se somer was baie nat en koel. Die herfs het nou aangebreek, die reen het nou opgehou en dit warm so 'n bietjie op.
Die kinders het al geruime tyd gelede begin om 'n gat te grawe in die agtertuin, met die doel om 'n swembad te maak. Gister het hulle toe 'n tentsyl in die gat gegooi, en siedaar, daar het jy 'n swembad.
Jy kan die swembad sien op die foto, met Corneel daar binne-in. 4月4日 Die muur is klaarDie muur is 'n dag later klaar as beplan. Op die foto kan jy die voltooide muur sien. Hulle moet nog net die tydelike draadheining kom verwyder. TerariumCorneel het gister 'n Terarium gemaak. Hy het die ou glasbakke wat ons vir die hamsters gebruik het daarvoor gebruik.
In die terarium is grond en gras en ander plante. In die terarium is 'n soort sprinkhaan. Jy kan die sprinkhaan op die foto sien. Jy moet egter goed kyk, want die sprinkhaan is baie goed gekomoefleer.
Dis 'n baie mak sprinkhaan, want mens kan hom vashou, en dan eet hy gras uit jou hande uit. 4月2日 Nog 'n tand is uitVandag het nog een van Vie se voortande uitgekom. Nou is vieber 'n regte egte haasbek. 3 dopeVandag by die kerk (Gereformeerde Kerk Oos Moot) het ons 3 dope gehad.
Een van ouers wat hulle baba laat doop. 'n Tweede van 'n vrou wat aangesluit het by die kerk, wat haar seuntjie laat doop het. 'n Derde van 'n jong man wat belydenis afgele het, en toe gedoop is.
Dis pragtig om sulke eredienste by te woon en te sien hoe die kerk van binne-uit en van buite groei.
Die foto is tydens die doop geneem, maar mens kan nie veel sien nie. Ten minste kan jy sien hoe die kerk van binne lyk. Bevry van de RuyterIn die verlede moes ons altyd mense wat van Holland kom vra om vir ons gesin hagelslag van "De Ruyter" te bring, aangesien sulke goed in Suid-Afrika nie beskikbaar is nie.
In Pretoria is daar egter 'n winkel met die naam "Pack & Spice" wat allerhande bestandele vir koek en koekversiersel verkoop. Hulle verkoop ook vermicelli, wat dieselfde is as sjokolade hagelslag. Oorspronklik het hulle net swart sjokoladesmaak vermicelli verkoop, maar nou verkoop 'n enorme reeks kleure en geure.
Op die foto sien julle broodjies met oranje en blou vermicelli.
Waarvoor het ons nog "De Ruyter" nodig? 4月1日 SAKO en matriekVandag het ons 'n lesing bygewoon wat aangebied is deur Impak Onderwys, tydens 'n inligtingsessie van die Pestalozzi Trust.
Hier is ons ingelig oor nuwe moontlikhede in die onderwys. Die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Owerheid (SAKO) het 'n raamwerk saamgestel van 'n enorme hoeveelheid kwalifikasies wat deur die industrie erken word. Dis ongeveer 10 000 van hulle. Dit strek van bedopmaak tot hartchirurgie.
Enigiemand kan by SAKO registreer as 'n asessor, as hy bewys kan lewer van sy kennis op die vakgebied en sy vermoe om te asseseer.
Dit beteken dat jy 'n verskeidenheid kwalifikasies kan verwerf deur die stof baas te raak, en jou te laat toets deur 'n asessor. Dit beteken dat jy kwalifikasies kan verwerf, sonder om na skool of universiteit te gaan. Jy kan dit stappie vir stappie doen.
IMPAK onderwys is besig om hierdie proses aan die gang te kry, wat 'n enorme klomp moontlikhede in die onderwys kan ontsluit.
Die inligtingsessie van die Pestalozzi Trust is gehou by die gastehuis van ds. SMJS Smit, waarvan die foto gegee word. Die persoon wat waai is Francois van Deventer. Kersfees in Suid-Afrika : Bouwe se kommentaar op CalvynEen van die belangrikste sake waarvan mens kennis moet neem, is die geskiedenis van die artikel in die kerkorde. Oorspronklik het die Dordtse sinode gemeen dat feesdae afgeskaf behoort te word. Die Nederlandse owerheid het egter volgehou om dae soos kersfees aan te hou as vakansiedae. Omdat mense op hierdie vakansiedae ledig was, het dit gelei tot allerhande wanpraktyke soos dronkenskap en brassery. As gevolg hiervan het die kerke in Nederland besluit om eredienste op hierdie dae te bele, om die ledigheid teen te gaan, en dis waarvan die artikels in die kerkorde kom. Daar is dus geen gronde vir die bewerings wat sommige mense maak dat ons die heilsfeite herdenk as ons feesdae vier nie. In die verband is dit ook belangrik om kennis te neem van iets wat in Suid-Afrika gebeur het. Ook die broederbond en die FAK was betrokke by die aanmoediging om feesdae te vier in Suid-Afrika. Dis ook opmerklik dat die motivering ook in hierdie geval le by die bestryding van ledigheid. Ek haal aan uit 'n boek oor die Broederbond "In 1954 is die AB (Afrikaner Broederbond - BvdE) se aandag vir 'n ander nuwigheid gevra wat tydens die vorige Kersseisoen uit die vreemde na Suid-Afrika oorgewaai het. Die sg. Carols by Candlelight was, oppervlakkig beskou, 'n onskuldige poging om die ledige massa en ander wat daarin belang stel, vir 'n massafees in die buitelug bymekaar te bring en op die wyse 'n gewyde Kerssetemming se wek. Juis daarom moes die UR (Uitvoerende Raad - BvdE) buitengewoon versigtig wees om met 'n standpunt daarteen nie bloot net negatief op te tree nie. Die UR het in sy beoordeling van die saak die goeie eienskappe daarvan erken, maar tog ook bepaalde bedenkinge onder die aandag gebring. Die UR het dus besluit dat die FAK versoek word om in oorleg met die Afrikaanse kerke 'n skema te oorweeg vir die viering van Kersfees as 'n gesins -en godsdienstige fees, met inagneming van die behoeftes van diegene wat op Kersdag van die ouerhuis afwesig is." - 'Die Afrikaner-Broederbond - Eerste 50 Jaar', AN Pelzer, Tafelberg, 1979, bl. 77. |
|
|