Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 工具 帮助

日志


3月30日

26 Mar : Tukkies Simfonie orkes

Ons het gaan luister na Tukkies se simfonie orkes onder leiding van Eric Rycroft.
 
Ek was baie beindruk met die uitvoering. Die spel was van 'n hoe standaard. Die program was iets wat die orkes en die gehoor geniet het.
 
- Ruslan en Ludmilla overture van Glinka
-  Tsjaikovskie se klavierkonsert
- Kalinikov se eerste simfonie
 
Behalwe Marthen het al die kinders wakker gebly tot die einde.

24 Mar : Slabbert le Cornu word bevestig

Hierdie naweek is ons vriend Slabbert le Cornu bevestig as predikant van die Gereformeerde Kerk Carltonville.
 
Dit is 'n groot mylpaal wat bereik is na vele jare se gebede en harde werk. Ons is almal bly dat die innerlikke roeping wat hy in 2001 ontvang het nou ook beantwoord is met 'n uiterlike roeping.
 
Die bevestiging is behartig deur ds. Gustav Opperman met 'n preek oor Hand. 17. Dit was 'n vertroosting dat die Here sal help solank as wat die prediker Sy woord verkondig. Dis egter ook 'n waarskuwing dat die Woord tweesnydend is en dikwels skeiding veroorsaak.
 
Op die foto kan gesien word hoe Slabbert bevestig word. Op die foto is ook ds. Faan Smit en ds. Christiaan Jooste.
3月21日

11 Mar : Honda Goldwing

Op hierdie sondag was daar 'n klub van Honda Goldwing eienaars wat seker 'n toer gemaak het, en by 'n restaurant in ons omgewing ge-eet het.
 
Hulle het hulle motorfietse by die ouditeure langs ons huis geparkeer. Dit was soos om 'n motorfietsskou by te woon, net langs ons huis. Die fietse het gewissel van 1100cc tot 1800cc, en meestes is uiters luuks toegerus. Sommiges selfs met radios en lugreling.

3 Mar : Maansverduistering

Op hierdie datum sou daar 'n maansverduistering. Ons het vir Diederik gevra om die teleskoop op te stel, sodat ons dit kan sien. Terwyl hy die teleskoop opgestel het, het hy 'n  mooi foto van die maan gemaak. Die foto is geneem met die selfoon en het verbasend goed uitgekom.
 
Nadat alles opgestel is, het ons gaan slaap. Om middernag het die alarm afgegaan, en ons het weer opgestaan om vir die maansverduistering te gaan kyk. Dit was toe ongelukkig bewolk, en ons kon niks van die maansverduistering sien nie.