| Bouwe van der E...'s profileBouwe van der EemsPhotosBlogLists | Help |
|
March 30 Die Stem van Suid-Afrika : Bouwe se kommentaar op koffiehuis poslysOnlangs het ek 'n volksfees bygewoon. By hierdie volksfees is die Stem van Suid-Afrika met groot entoesiasme gesing. Ek het egter toenemend ongemaklik begin voel met hierdie lied, vir die volgende redes: 1) Die Stem van Suid-Afrika word 'n volkslied genoem. In hierdie lied word oa. gesing "Ons sal lewe ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika." Suid-Afrika verwys egter nie na 'n volk nie, maar na 'n grondgebied. Suid-Afrika is nie 'n volk nie, maar 'n land. In daardie sin maak die Transvaalse volkslied meer sin, as dit se, "Kent gij dat Volk". 2) Suid-Afrika is nie 'n goeie beskrywing van die land waarin die Afrikaners woon nie. Suid-Afrika sluit Natal in, waar maar min Afrikaners woon, maar Suidwes uit. 3) Die woord Suid-Afrika het van betekenis verander sedert dit aanvaar is as volkslied vir die republiek van Suid-Afrika. Tydens republiekwording was die intensie vir die betekenis van SA soos volg : Republiek van Suid-Afrika = Unie van Suid-Afrika minus swart tuislande (Transkei, Ciskei, Zululand ens.) Sien die beskrywing van die rassebeleid van die vorige regering, soos verwoord deur die broederbond onderaan. Nou is die definisie van SA soos volg : Republiek van Suid-Afrika = Unie van Suid-Afrika Wanneer ons nou sing, "Ons vir jou Suid-Afrika", beteken dit dus iets anders as toe dit aanvaar is as volkslied. 4) Selfs al sou Suid-Afrika beteken het wat die argitekte van apartheid bedoel het (soos hieronder verwoord), sou dit nie verwys na die land van die Afrikaners nie, maar na die land van die blankes. Dit sou dus nie verwys na die land van 'n volk nie, maar na die land van 'n ras, tensy die vorige bedeling die intensie gehad het om die Engelse in Afrikaners te verander. Gegee hierdie probleme met die volkslied, is ek nie verbaas dat die ANC dit nog aanhou as volkslied nie. - Bouwe ---------------------------------------- "Sonder om 'n uiteensetting te gee van die verskillende ander standpunte wat gehuldig word t.o.v. die naturellevraagstuk, wil ons net ons eie standpunt kortliks uiteensit en daarna die gronde aangee waarop ons standpunt gebasseer is. Algehele massa-segregasie behoort nie alleen as ideaal daargestel te word nie, maar behoort ook die onmiddelike praktiese beleid van die staat te wees. Daar behoort tot elke prys op geskikte plekke aan die grense van die Unise geskikte en genoegsame gebiede aangekoop en afgesonder te word vir inbesitname deur naturelle-families en -stamme wat vandag nog op plase en in krale en klein reserwes rond verspeid is deur die land. Die geleentheid behoort te bestaan dat verkillende stamme in aparte streke kan vergader. Dan behoort dit vir die reeds genoemde groepe van naturelle verpligtend gemaak te word om na hierdie gebiede te verhuis. Hulle kan hierd dan gesamentlik of afsonderlik grondeienaars word. Maar die gronde behoort of deur 'n vorm van belasting soos hutbelasting, of deur 'n vorm van pag deur die naturelle van die staat aangekoop te word. In hierdie gebiede kan daar na verloop van tyd 'n groter en groter mate van selfregering teogestaan word, wat soveel moontlik behoort rekening te hou met die naturel se voorgeskiedenis en tradisionele regeringsvorm. Gebiede of onderdele daarvan behoort onder toesig te staan van blanke kommisarisse wat spesiale opleiding geniet het vir die betrekking en wat direk aan die Minister van Naturellesake sal verantwoordelik sal wees. Hier kan die naturel homself dan op politieke, ekonomiese, kulturele, godsdienstige, opvoedkundige e.a. gebiede ontwikkel en uitlewe. In hierdie gebiede sal blankes nie kan grondeienaars word nie, en blankes wat hulleself daar gaan vestig as handelaars, sendelinge, onderwysers, ens. sal daar geen politieke voorregte geniet nie. Naturelle wat 'n sekere vasgestelde ouderdom bereik het, sal toegelaat word om met verlof van hulle stamhoofde en die kommisaris tydelik na die gebied van die blankes te gaan om op plase of in dorpe of stede te gaan werk, maar hulle sal nie met hulle families mag gaan nie. Wat die ontstamde stedelingnaturelle betref, moet hulle sover en soveel moontlik aangemoedig word om te verhuis na hierdie naturellegebiede. Die wat die nie wil doen nie, behoort almal in aparte lokasies gehuisves word, waar hulle geen politieke voorregte sal geniet nie en geen eiendomme mag besit nie omdat hulle beskou moet word as tydelike bewoners wat vir eie voordeel en uit eie keuse die blanke se gebied bewoon as werknemer. Werklose naturelle behoort almal verplig te word om na 'n redelike tyd vir werksoek hierdie lokasies te verlaat en die naturellegebiede te bewoon." - 'Die Afrikaner Broederbond' - AN Pelzer, bl.158 Die muur vorderDie muur tussen ons en die buurman vorder, maar nie so vinnig soos wat verwag is nie. Die oorspronklike plan was dat die muur vrydag (more) gaan klaar wees.
As jy na die foto kyk, sal jy sien dat dit nie gaan gebeur nie. March 29 Dimension DataTans werk ek op 'n projek by Dimension Data. Die projek behels die definisie en spesifikasie van 'n nuwe produk wat hulle op die mark wil bring.
Ek werk by die Dimension Data Campus in Bryanston. Vanuit die venster naby my het ek 'n pragtige uitsig oor die Noordelike Johannesburg en Midrand. Die aangehegte foto wys die uitsig. March 28 Die duifVandag het Emma amper 'n duif gevang. Die kinders het die duif gered uit die tande van Emma, en die hoenderhok ingerig vir die duif. Op die foto is Lite en Corneel in die hoenderhoek, waarin 'n pot is waarin die duif kan skuil en kos vir die duif. March 25 Emma se hokGister het ons 'n hok vir Emma gekoop. Tot dusver het Emma op komberse onder die Gazebo geslaap, met die resultaat dat dit altyd rommelrig daar gelyk het. Nou het ons 'n ordentlike plastiekhok gekoop, met 'n groot kussing in, wat droog bly in die reen. Die hok is op die foto. Esra InstituutGister het ons ander deure laat insit in die badkamer en die kleintjies se slaapkamer. Dis ou Oregan Pine deure wat pas by die styl van die res van die huis. Hulle het nog 'n bietjie aandag nodig, maar dit lyk al klaar stukke beter. Op die eerste foto staan Fie by een van die deure.
Vandag het die Esra Instituut die geleentheid gekry om 'n voorlegging aan die kerkraad van die Gereformeerde Kerk Oos Moot te doen. Die gemeente is ook uitgenooi na die geleentheid.
Die byeenkoms was 'n groot sukses. Ds. Gustav Opperman het 'n baie mooi voordrag gedoen en verduidelik wat die Esra Instituut doen, en wat sy grondslag is. Daar was goeie vrae wat gevra is, maar van die vrae wat deur ouderlinge gevra was, was onbegronde aanvalle op persone. Dit word gehoop dat die kerkraad die krag sal ontvang om die broeders wat die 9de gebod oortree vermaan sal word. March 24 Piet PsalmsVandag het br. Piet van Staden, alias Piet Psalms, ons toegespreek by die kerk, tydens 'n byeenkoms van kulb 3/5. Piet v Staden is Suid-Afrika se voorste kenner van die psalms, en hy kan dit in Hebreeus voordra.
Hy het verduidelik dat die Psalms Goddelike liedere is. Dit impliseer dat hulle foutloos is. Dat hulle tydloos is, en altyd nuut bly. Daarom word daar van die psalms gepraat as die nuwe lied.
Aan die ander kant is gesange menslike liedere. Die impliseer dat hulle gebreke het en tydelik is. Na 'n tydjie is hulle outyds.
Daarna het hy psalm 1 vanuit die Hebreeus uitgele, en ook aangedui hoe goed die Totius beryming dit weergee. Nog nooit kon iemand 'n geldige beswaar teen die Totius beryming indien nie. Dan is dit des te meer verbasend dat kerk dit nodig gevind het om die Cloete beryming in te voer. March 22 Nuwe heiningOns agterste buurman, Pierre, gaan 'n muur bou tussen ons en hom.
Ons is baie bly daaroor, want 'n muur gaan heewat beter lyk as 'n vibrocrete wat tans daar is.
Vandag het hulle 'n tydelike heining opgesit, sodat die bouers die muur kan bou sonder dat ons honde hulle steur.
Hierdie heining kan op die fotos gesien word. March 16 Marthen Jan se eerste tand val uitVandag het Marthen Jan sy eerste tand verwissel.
Hier is die foto met sy haasbek. Suiwer waterVandag het ons 'n waterfilter laat insit.
Die kwaliteit van water is besig om te daal in Suid-Afrika, en dit affekteer mense se gesondheid. As 'n belegging in ons gesondheid het ons daarom 'n waterfilter laat installeer.
Baie mense getuig dat dit 'n groot invloed op hulle gesondheid gehad het. Ons sal maar sien of ons dieselfde ervaar.
Op die foto kan jy die die tenk, die filter en die kraan van die stelsel sien. March 15 VerkiesingDie verkiesing is verby. Ons gesin het nie deelgeneem aan die verkiesing nie. Daarvoor het ons 3 redes.
1) In 'n demokrasie word die regering verkies deur die bevolking van die land. Op sy beurt, deel die regering gratis geskenke uit soos gratis onderwys en mediese dienste. Dit kom daarop neer dat die regering die bevolking omkoop om vir hom te stem. Aangesien ons nie deel wil wees van 'n omkopery nie, het ons gesin nie deelgeneem aan die verkiesing nie.
2) Ons gesin onderskryf Christelike waardes. Een van hierdie waardes is dat 'n Christen nie in die kring behoort te sit waar met God gespot word nie. (Ps. 1) Die mense in die parlement is oorwegend gekant teen Christelike waardes, wat veroorsaak dat die parlement neerkom op 'n kring van spotters. Aangesien ons gesin nie deel daaraan wil he om kanidate na die kring van spotters te stuur nie, wil ons nie deelneem aan die verkiesing nie.
3) Alhoewel die opposisiepartye dikwels gekant is teen baie wette wat gemaak word, verleen hulle ondanks die oposisie tog legitimiteit aan daardie wette, aangesien hulle deelgeneem het aan die proses. Aangesien die oposisie op die wyse legitimiteit verleen aan baie verkeerde wette, wil ons ook nie vir opposiepartye stem nie.
Die verkiesing het egter wel voordele.
- Dit gee vir ons 'n ekstra dag waarop ons as gesin bymekaar kan wees.
- Die plakkate van die verkiesing kan gebruik word as teikens vir skyfskiet. Ons het 'n paar opgestel en gebruik om ons kruisboee mee te oefen.
Sien die foto. March 04 PicassoVandag was ons by 'n uitstalling van Picasso se werke. Die uitstalling was gehou in die Standard Bank kunsgallery in die middestad van Johannesburg.
Die tema van die uitstalling was Picasso en Afrika. 'n Mooi politiek korrekte tema, maar darem met gronde, aangesien baie van Picasso se werk ge-inspireer is deur Afrika maskers.
- Bouwe |
|
|