Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 工具 帮助

日志


2月24日

17 Feb : Arimis

 Debbie het in die Junk Mail iemand gevind wat 'n Bouvier hond wou weggee. Toe sy bel, was dit 'n oud kollega by die weermag, Andre Kies.
 
Saterdagmiddag het Andre die hond gebring. Hy het by ons kom kuier, en toe stilletjies verdwyn, terwyl die hond by die kinders was. Aanvanklik was hy afsydig en het na sy baas verlang, maar na 'n week het hy goed ingeskakel.
 
Die hond is groot, met baie hare en hy kry nogal warm in die somerweer. Andersinds het hy 'n baie aangename karakter, en die kinders geniet hom baie.
 
  

24 Feb : Kurrikulum Expo

Hierdie saterdag was ons by die Kurrikulum expo, wat gehou is by die NG Kerk Wierda Park. Dit is gereel deur Lorainne van Dyk.
 
Die expo het bestaan uit uitstallers, sowel as sprekers.
 
Verskeie mense wat opvoedkundige produkte verkoop het, het daar uitgestal. Ons het enkele boeke asook 'n stoomaangedrewe kar gekoop.
 
Ons het nie na sprekers gaan luister nie. Die Vereniging vir tuisonderwys het ook sy Algemen Jaarvergadering gehad tydens die expo. Dit was 'n suksesvolle vergadering, en heelwat mense het dit bygewoon.

17 Feb : Legokursus

Die die seuns, Diederik, Jurjen en Marthen het op 'n legokursus gegaan. Hier leer hulle om met dinge met lego te bou.
 
Hulle is in verskillende groepe ingedeel. Marthen was in 'n groepie waar hulle vryelik 'n brug moes bou. Hulle bou die brug, en dan lewer die tannie kommentaar daarop, en hulle pas dit aan.
 
Jurjen was in 'n groepie wat van 'n plan af iets moes bou. Hulle moes 'n soort rolstoel bou.
 
Diederik was in 'n groep waarin hulle dinge moes bou wat sekere meganiese beginsels illustreer. Laaste het 'n kar gebou wat deur 'n elektriese enjin aangedryf was. Aan die einde was daar 'n kompetisie. Die karretjie wat die stadigste ry, wen. Jy moet die spoed van die kar verminder deur van ratte gebruik te maak. Diederik se karretjie het hierdie kompetisie gewen. Op die foto is Diederik wat met sy karretjie gewen het.

27 Jan : Perdeskou

Die kinders het deelgeneem aan 'n perdeskou.
 
Die perdeskou is aangebied deur Kerylou stalle, waar die kinders ook hulle lesse kry.
 
Diederik en Lite het deelgeneem aan twee items, en Corneel, Jurjen en Marthen aan slegs een items.
 
Die items was 'n baan met hindernisse waardeur jy met die perde moet ry. Die perde moet dan oor die hindernisse spring.
 
Op die foto is Lite op 'n perd waar sy haar roset ontvang aan die einde van die item.