| Bouwe van der E...'s profileBouwe van der EemsPhotosBlogLists | Help |
|
December 17 16 Des : Geloftedag Ons eerste geloftedag in die Kaap sedert ons verhuis het. Ons het 'n geloftedag bygewoon by die Dunatos skool, wat binne die terrein van die Stikland hospitaal is. Dit was in 'n kleinerige saaltjie. Die saaltjie wat stampvol. Oorwegend ou mense, maar darem ook 'n handjievol gesinne met kinders. Die geloftelesing en die preek was heel goed. Die predikant het mooi die klem gele op die feit dat die slag gegaan het oor God se koninkryk en dat al die eer God moet toekom. Verder het hy ook klem gele daarop dat Andries Pretorius 'n ouderling was, wat die leiding geneem het, en 'n oproep gedoen dat ouderlinge weer leiding gee in die kerk. Na die tyd het ons nie eintlik gekuier nie, want ons het amper niemand daar geken nie. Oom Ben van der Walt wat ons vertel het van die fees kon nie lank bly nie, aangesien sy vrou by die huis was waar sy na haar ma van 90 gekyk het. Ons was positief verras, maar het maar baie verlang na die heerlike feeste in Kleinfontein waar mense die heeldag kuier en die kinders 'n oorvloed aan maats het. Langs die saaltjie was daar 'n kinderplaas met plaasdiere en perde. Op die foto is Diederik by die plasie. ![]() 13 Des : Gordon's Baai Vir die eerste keer was ons regtig see toe. Mamma en Lite het na 'n lesing gegaan oor bitless dressage in Gordon's Baai, en pappa en die seuns is na Bikini strand toe. Die seuns het 'n bietjie geswem, aangesien die water koud was. Dit was ook nie baie warm nie, want die wind het gewaai, alhoewel ons voete gebrand het op die sand. Verder het die seuns tussen die rotse gespeel en Mathen het 'n klein krap gevind. Die middag is ons via Sir Louwries Village na Stellenbosch waar ons by oupa en ouma gekuier het. ![]() |
|
|