Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 工具 帮助

日志


12月18日

16 Des : Geloftefees op Kleinfontein

Op 16 Des. was on by die geloftefees op Kleinfontein. Dit was in alle opsigte 'n sukses.
 
Daar was 'n goeie opkoms.
 
Die geskiedenisvertelling was goed. dr Michiel Durand het 'n baie treffende vertelling gedoen en aangetoon hoe Piet Retief and Andries Pretorius se optrede neergekom het op die uitvoering van art. 36 van die Nederlandse geloofsbelydenis. Ook het hy ge-illustreer dat die situasie anders was in daardie tyd. Die Zoeloes het 100 volwassenes en 200 kinders vermoor, omdat daar soveel mense in die laers was. Vandag is dit egter andersom. Vir 100 volwassenes is daar vandag ongeveer 20 kinders. Dit was ook sigbaar in die hoeveelheid kinders wat voorgesit by die vertelling.
 
Die erediens was gelei deur ds. Lou Erasmus. Hy het die gehoor wakker gehou deur psalms te laat sing tussen die preek deur.
 
Die Beeld heg nie veel waarde aan geloftedag nie. Die geloftefees het nie die voorblad gehaal soos in die verlede nie, en daar word slegs gerapporteer oor die fees by die Voortrekker monument. Al ding wat vir hulle belangrik was, was dat die son nie op die senotaaf geskyn het nie, wees die bewolkte weer. Ek meen dit is goed dat die beeld dit so hanteer, sodat toenemend kan duidelik word dat die Beeld irrelevant is vir die Afrikaners.

4 Des : Perdykamp

Vir drie dae lank is al die kinders na 'n perdrykamp, van 4 tot 6 Des. Die oggend 07h00 is hulle daar afgelaai, en 18h00 het ons hulle weer gaan haal.
 
Dit was vir ons 'n vreemde ervaring om die hele dag sonder kinders te wees, maar dit was heerlik rustig en ontspannend.
 
Vir die kinders was dit lekker, en die aand het hulle doodmoeg by die huis aangekom. Hulle perdry het heelwat verbeter oor hierdie drie dae.
12月3日

2 Dec : Proton House

Vir die afgelope maand doen ek 'n projek by die Johannesburg noodsentrum. As die publiek die nommer 011-375 5911 bel, kom hulle by hierdie inbelsentrum uit. Hulle sal bepaal wat nodig is, en dan 'n ambulans, brandweer of metro polisie stuur.
 
Die inbelsentrum is gelee bo-op 'n koppie in Roodepoort. Dis hoog gelee, sodat die sentrum 'n goeie radioverbinding kan onderhou met al die noodvoertuie.
 
Op die foto is Proton House, waar die sentrum gelee is.

2 Des : Eiendomsbelegging

Die VanderEems familietrust het besluit om 'n belegging te maak in 'n eiendomsprojek van Hannes van Heerden.
 
Hannes en andere het 'n opsie om 'n sekere stuk grond in die ooste van Pretoria te koop teen 'n sekere prys. Hulle is tans besig om die grond te onderverdeel, dienste aan te le en dan 'n stuk of 100 eenhede te verkoop.
 
Die trust maak 'n lening aan hierdie projek. As die projek suksesvol is, dan kry ons die geld terug met heelwat rente. So hoop ons om die bates van die Trust te groei.
 
Die foto is geneem van die stuk grond. Ons het die saterdag saam met Hannes deur die stuk grond gery.

19 Nov : Slabbert is beroepbaar

Slabbert le Cornu het sy teologiese studies suksesvol voltooi. Om dit te vier, het van die gesinne wat hom ondersteun het tydens sy studies 'n feestelike samekoms gehad. Die gesinne was ons, Durand en van Deventer. Ons het 'n ete gehad, deur Dorothea voorberei, wat ons by die Durand's ge-eet het.
 
Slabbert het 'n toespraak gehou en 'n paar boeke uitgedeel.
 
Ons is almal vir die Here dankbaar dat Slabbert hierdie mylpaal kon bereik na die baie jare.
 
Die volgende week moes Slabbert voor die Part Sinode (Bosveld) verskyn om beroepbaar gestel te word. Daar was enkeles wat probleme gehad het met Slabbert, maar gelukkig het Slabbert heelwat ondersteuners gehad in die Part. Sinode, sodat die Part Sinode hom beroepbaar gestel het.
 
Nou is dit 'n spannende tyd van wag vir 'n beroep.
 
Op die foto hou Slabbert sy toespraak tydens die ete.

18 Nov : Mootspruit loop sterk

Hierdie saterdag is ek saam met die kinders na Hi Fi corporation, om die DVD speler te gaan haal. Die DVD speler is nou al die 3de keer in vir herstel, en kan nog steeds sekere DVD's speel nie.
 
Op pad terug het 'n baie swaar donderbui uitgebreek. So swaar dat die Astra se enjin afgeslaan het toe ons deur 'n groot waterplas ry.
 
Toe ons weer in die Moot is, sien ons 'n klomp mense staan by 'n brug. Ons gaan kyk natuurlik ook. Die mense het gekyk na die spruit wat deur die Moot loop, wat baie sterk afgekom het. Al die gemors wat oor die laaste jaar opgebou het uitgespoel. Die spruit was vol plastiekbottels en takke.
 
Op die eerste foto kyk die kinders na die spruit by die brig. Op die tweede foto kan jy al die gemors sien wat met die spruit afgekom het.

17 Nov : Neutkraker ballet

Op 17 Nov het ons hele gesin gaan kyk na 'n uitvoering van die Neutkraker ballet van Tsjaikofskie in die Staatsteater.
 
Die kinders het dit baie geniet, en die hele tyd stilgesit. Dit was die eerste keer dat hulle ook die Staatsteater ervaar.
 
Op die eerste foto is die gordyn in die staatsteater. Dis nie toegelaat om fotos tydens die ballet te neem nie. Die tweede foto is geneem vanuit die balkom van die staatsteater tydens die pouse.
 
Die pryse van die ballet was heel billik. Die aan was dit halfprys.
 
Daar was geen orkes in die uitvoering nie. Die musiek is oor die luidsprekers gespeel, en die dansers was op die verhoog.

12 Nov : Uivoering van Pretoria Simfonia

Op 12 November het Pretoria weer 'n uitvoering gehad. Dis gehou in die Aula by Pretoria Universiteit. Die program het bestaan uit:
 
- Mendelsohn : Hebrides Overture
- Mozart : Klavierkonsert Nr. 23
- Brahms : Serenade Nr. 1, op. 11
 
Die konsert het 'n goeie opkoms gehad. Ons het vir ds. Kayayan ontmoet tydens pouse. Ook ons straat was goed verteenwoordig. Ons buurvrou oorkant die straat en haar twee dogtertjies was daar, sowel as Anita Burgess wat twee huis van ons af woon.