Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 工具 帮助

日志


11月21日

14 Nov : Tuisskoolkamp in Clanwilliam

Die naweek was ons by 'n kamp vir tuisskolers by die Boegoeberg 4X4 se kamp naby Clanwilliam.

Omtrent 20 gesinne was daar. Dit was 'n kamp wat net reg was vir tuisskolers. As jy as gesin op jou eie wil wees, kon jy dit doen. As jy in die bondel wil kuier, dan is dit ook reg.

Ons het saam gaan stap na die sandsteen steengroef. Die sandsteen van die Sevenwacht winkelsentrum het uit hierdie steengroef gekom.

Daar was 'n swembad en 'n dam. Eers het die kinder in die swembad geswem, maar later het die dam gewilder geword, omdat die water warmer was. Ons het die kinder skaars gesien die naweek. Hulle was maar altyd by die water.

Eerstens was dit om te swem. Later het hulle geleer om vis te vang. Teen die laaste dag van die kamp was hulle verslaaf daaraan. Op die foto is die kinders by die visstok.

 

16112008(001)

11月1日

25 Okt : Tuisskool Eistedfodd

Ons koperblaaskwartet het by die tuisskool eistedfodd in die Bellville stadsaal opgetree. Ons het heel gemaklik gespeel en die hele dag baie geniet. Verder het ons ook heelwat kontakte gemaak. So stadigaan begin ons darem inskakel.

25102008

18 Okt : Bybelvasvra

Die finale van nasionale bybelvasvra van die Rapportryersbeweging was op die dag hier in die NG Kerk Kuilsrivier Suid.

Dit was opvallend dat al die spanne in die finale uit die Transvaal gekom het. Dit lyk of dit maar die plek is waar daar nog die meeste liefde vir die bybel is.

In Pietersburg se span was daar ook lidmate van ds. Faan Smit se gemeente.

18102008

7, 14,16 Oktober : Verjaarsdae

Hierdie maand is 'n maand van verjaardae in ons gesin. Corneel, Marthen en mamma verjaar in hierdie maand. Op die foto vier ons fees met vonkel druiwesap by die huis.

30082008

6 Oktober : Vliegdekskip

Die USS Theodore Roosevelt het in Kaapstad aangedoen. Vir omtrent 4 dae het die boot in tafelbaai gele. Die boot is te groot om in die hawe te gaan. Ons kon hom van ver af sien vanaf Milnerton en die waterfront af.

In die waterfront was daar nog 'n Amerikaanse millitere skip wat ons darem van naby kon sien.

06102008(002)

06102008(004)

1 Okt : Sonwedren

Ons het gaan kyk na 'n uitstalling en 'n lesing oor 'n sonwedren. Dis 'n wedren van sonaangedrewe voertuie. Dit het begin in Pretoria en in Oktober het hulle in Kaapstad aangekom. Hier is die voertuie uitgestel, en die spanne het almal iets gese oor hulle span. Van die Kaap af gaan hulle via Durban weer terug na die Kaap.

01102008(001)

8 Sep : Mollie kry kleintjies

Mollie, ons swart mopshond, het 7 kleintjies gekry. Hulle was almal swart. Een wyfie en 6 mannetjies.

14092008

21 Sep : Maryke en Ronald vertrek

Oom Ronald en tannie Maryke het vir 'n tydperk van 3 maande in die Kaap vakansie gehou. Hulle besoek het presies saamgeval met ons koms na die Kaap, en dit was 'n mooi geleentheid vir die kinders om darem ook ooms en tantes te ervaar.

Die tyd het verby gevlieg en voor ons ons oe kon uitvee was hulle weer op pad terug na Nederland.

30082008(007)

13 Sep : Konsert by die GK Bellville

Die van der Eems blaaskwartet het sy debut gemaak tydens die konsert wat gehou is by die Gereformeerde Kerk Bellville.  Die kwarter bestaan uit die volgende lede:

1ste Trompet : Corneel van der Eems

2de Trompet : Jurjen van der Eems

Tromboon : Diederik van der Eems

Franse Horing : Bouwe van der Eems

Die kwartet was 'n groot sukses en het die konsert afgesluit met 'n hoogtepunt.

21 Sep : Die van Oostrums kom kuier

Die van Oostrums het ook 'n Kaapse draai kom maak. Hulle was hier saam met Uda en Katriena vir die tuisskool Expo in Bellville en het die volgende week 'nwerkwinkel van die Pestalozzi Trust gehou.

Op die foto speel die kinders saam met Uda en Katriena UNO. Dit is 'n speletjie wat die van Deventers hierheen gebring het, en waaraan ons kinder verslaaf geraak het.

Hulle het vir 'n week by ons kom bly, en ons kon die besoek feestelik afsluit met 'n snoekbraaier.

21092008(001)

12 Sep : Die van Deventers kom kuier

Die van Deventer gesin het ons kom besoek. Hulle het 'n blommetoer deur Namakwaland gemaak, en 'n Kaapse draai by hulle reis gevoeg en vir 'n week by ons kom kuier.

Dit het maar baie gereen in hierdie winter, maar daar was darem genoeg mooi dae sodat hulle heelwat dinge kon bekyk op die dae wat die weer gehou het.

Op die foto is Debbie en die kinders saam met die van Deventers by die Hugenote monument in Franshoek.

 

P1020471