| Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 | 帮助 |
|
11月13日 10 Nov : Vergadering van die VGLDie voorsitter van die vergadering was ds. Stefaans van der Walt Die 1e spreker was ds. Momberg van GK Kandelaar. Sy lesing het gehandel oor kerkverband, en hy het sterk klem daarop gelê dat die kerk primêr die plaaslike gemeentes is, en skakeling tussen plaaslike gemeentes. Van kerkverbandelike strukture vind ons niks is die Skrif nie. As mense van ‘ons kerk’ praat en die kerkverband bedoel, dan verwys dit na ’n bende wat gebasseer is op ’n onderlinge afspraak. Hierdie soort taalgebruik is lasterlik. Verder het hy uitgelig dat ons die taak het om die eenheid te bewaar, en nie te bewerk nie. Om die eenheid te bewaar is om niks te doen wat mense kan laat afdwaal van Christus nie. Om eenheid te bewerk deur om van mense te verwag om te konformeer aan besluite van die meerderheid, is struktuurdespotisme. Om eenheid te bewaar beteken daarom om toesig oor mekaar te hou en toe te sien dat ander nie afdwaal van Christus nie. In ’n kerkverband is Christus se Woord die hoogste gesag. Enigiets wat daarmee stry is reeds ongeldig, ongeag die grootte van die vergadering wat dit besluit het. Kerklike besluite moet hulle vastigheid vind in Christus se Woord, en nie in afvaardiging na meerdere vergaderings en meerderheid van stemme nie. Kerkverband word uit die hemel gereel, en nie vanuit die aarde of vanuit Potchefstroom nie. Hierdie eenheid kan nie verbreek word nie. Die professore beskuldig predikante en gemeentes van skeurmakery, terwyl hulle van ander verwag om gehoorsaam te wees aan hulle verminking van die Godsdiens van ons vaders. In die Bybel vind ons voorbeelde van mense wat die kerk skeur. Jerobeam het die kerk met ’n meerderheid van stamme geskeur, deur eiesinnige godsdien in te voer. Ons roeping is egter om aan te sluit by dit wat ware kerk is en af te skei van dit wat valse kerk is. Die valse kerk vind ons in despotiese strukture en die ware kerk in plaaslike gemeentes. Die 2de spreker was ds. Meijer. Hy het ’n analise en beoordeling gegee van die brief van die professore, na aanleiding van enkele punte. Die vorm waarin die getuienis gegee is. Dit was ’n getuienis wat hulle gee op grond van art. 18 KO. Art. 18 KO magtig egter nie professore om lukraak verklarings en getuienisse te gee nie, of om verklarings van sinodebesluite te gee nie. Meijer onderskei tussen die verdediging van die leer en die handhawing van die leer. Die professore moet die ware leer verdedig in die klaskamer, terwyl die kerkraad die ware leer moet handhaaf. Verder dui hy aan dat daar wel so iets soos ’n leerdwaling kan bestaan, maar nie so iets soos ’n kerkregtelike dwaling nie. Die manier waarop die getuienis versprei is. Dit is op 11 Okt. Oor die poslys versprei. Die brief is gerig aan kerkrade, maar word versprei op die poslys waar daar ook mense is wat nie eens lid van die kerkverband is nie. Daar was alreeds verskeie reaksies op die getuienis voordat kerkrade dit rondom die 23ste Okt. ontvang het. Verder word kerkrade versoek om kennis te neem van ’n dwaling. As daar dwaling is, moet dit reggestel word. Hoe kan kerkrade slegs kennis neem van die dwaling? Verder verwag die professore dat daar nie ’n debat oor die getuienis moet gehou word nie. As niemand mag reageer op hulle getuienis nie, spreek dit nie van ampshoogmoed nie? Die inhoud van die getuienis is deurspek met ligvaardige oordele, onbewese bewerings, vae terme en ’n gebrek aan Skrifverwysings. Hulle beroep hulle op natuurlike geregtigheid, maar oortree selfs blatant die beginsels vir natuurlike geregtiheid. Hulle getuienis gaan uit van sekulêre verenigings reg waarin hulle strukturele en geografiese eenheid verhef tot ’n beginsel, eerder as eenheid in leer. Repliek is gelewer deur ds. Peet Coetzee van Potchefstroom. Hy het uitgewys dat dwaling na vore kom waar die ouderlinge nie meer regeer nie, en dwalings toelaat. Verder het hy opgemerk dat hierdie verklaring sowel as die vorige verklaring deur 10 professore opmerklik ’n gebrek aan Skrifbewys het. Hulle veroordelings van klasisse en predikante is in stryd met die 9de gebod. Laastens het hy ingegaan op die sinodebesluite waarteen die sekere klasisse en predikante besware het. As mens na die teks van die sinodebesluite kyk en dit wat huidiglik geld as sinodebesluit is dit nie duidelik wie probleme het met sinodebesluite nie. Is dit nie dalk die 32 predikante nie? Of klassis Capricorn? Tydens bespreking het dit duidelik geword wat die sake is wat aktueel is in die kerkverband, en wat nie deur die kerkverbandelike strukture hanteer word nie: 1) Die betaling van ramings aan professore waarmee baie lidmate ’n probleem het 2) Die gebruik van stemming om beginselbesluite te neem 3) Die band tussen die staat (in die vorm van NWU) en die teologiese skool 4) Die vraag of die kerklike weg nie gedeformeer word deur die deformasie in die kerkverband nie 5) Die vraag waarom geografiese ligging tot ’n beginsel verhef word Slegs op vraag 3 is daar ’n duidelik antwoord gegee. Dr. Meijer het genoem dat Waarheid en Dwaling al in 2000 die probleme met die verwantskap met die staat aangespreek word. Alhoewel ek dankbaar is die sprekers al baie gegroei het in hulle siening oor kerklike strukture, kan hulle nog nie duidelik antwoorde gee op die vrae wat brand in die harte van lidmate nie. Hulle het goeie dinge in hulle lesings gesê, maar na die vergadering was dit nie duidelik hoe die pad vorentoe lyk nie. Hulle weerspreek mekaar selfs. Terwyl die een daarop wys dat plaaslike kerk die enigste Skriftuurlike struktuur is, wys die ander een daarop dat die kerklike weg ’n goddelike weg is. Oor die algemeen was dit vir my ’n waardevolle vergadering waar daar goeie besinning was oor die rol van kerkverband en kerklike eenheid. Miskien moet ons ds. Coetzee se opmerking ter harte neem, en eerder leiding verwag van ouderlinge. Om die rede is ek dankbaar dat die gemeente Aranos se skrywe uitgaan van ’n ouderling. 3 Nov : First Lego LeagueHierdie saterdag is ons deur na Vanderbijlpark waar Diederik deelgeneem het aan die Lego kompetisie. Hierdie kompetisie behels verskillende aspekte. Eerstens moes hulle 'n aanbieding doen oor 'n oplossing vir Suid-Afrika se probleme. Tweedens moes hulle 'n model opstel op hulle tafel van hierdie oplossing. Derdens moes hulle deelneem aan die robot kompetisie. Dinge het nie goed gegaan nie. Die aanbieding het goed afgeloop. Die span het egter die model by die huis vergeet, en nie goed gevaar met die tafel nie. Verder het hulle baie probleme gekry om hulle robot se programme af te laai, dat hulle nie gereed was vir die kompetisie nie. Die span het nie 'n prys gewen nie, maar gegee dat hulle vir die eerste keer deelgeneem het en baie teespoed gehad het, was dit nie sleg om 'n bogemiddelde punt te kry nie. Op die foto is die span besig met die robot kompetisie. Die span het uit tuisskolers bestaan, en hierdie kompetisie het 'n duidelike verskil tussen skoolkinders en tuisskolers uitgewys. Die verrigtinge in die saal is gelei deur 'n TV persoonlikheid wat die heeltyd die skare in die saal en die groepe opgesweep het om te skree en te skree en te sing. Die tuisskolers was duidelik glad nie vatbaar vir die massahisterie tegnieke nie. Op pad huistoe het ons verby Alberton gery. Toe het ons die geleentheid gebruik om te stop by die plek waar ons Mollie gekoop het, sodat die kinders Mollie se ouers kon sien. |
|
|