| Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 | 帮助 |
|
11月11日 11 Nov : Jenny is oorledeJenny is vandag oorlede.
Debbie en die kinders het gaan swem, terwyl ek by die orkes was. Eers het almal in die Opel Kadett geklim. Toe hulle egter besef dat hulle nie die sleutels gehad het nie, het mamma besluit om met die Isuzu te ry. Toe almal in die Opel geklim het, het Jenny ook in die Opel geklim.
Toe het almal in die Isuzu geklim, en Diederik het die Opel gesluit, en toe is hulle daar weg. Jenny het agtergebly in die Opel wat toe was, en daar van hitte-uitputting gesterf.
Toe almal terug is, het ons vir Jenny gesoek. Diederik het nog onthou dat sy miskien in die Opel was en daar gekyk. Daar het ons haar dood aangetref.
Dit was vir ons 'n baie treurige dag, en ons gaan haar baie mis.
Die kinders het 'n baie mooi graf gemaak.
4 Nov : PW Botha is oorledePW Botha, die voormalige staatspresident is op 1 Nov. oorlede. Ek meen daar is nie baie Afrikaner wat oor hom treur nie. Die liberale Afrikaners beskou hom as iemand wat vas bly klou het aan apartheid. Die meer konservatiewe Afrikaners onthou hom as die persoon wat die oorlog in Angola gevoer het waar menige jong Afrikaner dood is, vir geen rede nie.
Snaaks genoeg het Mbeki nogal moeite gedoen on PW 'n bietjie krediet te gee.
Die vlae het halmas gehang, soos hier op die fotos gesien kan word. 4 Nov : Perdy kompetisieOns het gaan kyk na perde skouspring in die omgewing van die stalle waar die kinders perdrylesse kry. Aanvanklik was dit vervelig, maar soos jy dit begin verstaan raak dit al hoe interesanter. Ek sou die hele dag daar kon bly, maar ongelukkig moes ons gaan, omdat ek 'n Pretoria Sinfonia oefening moes bywoon. 11月2日 1 Nov. : Pretoria Simfonia se hondOns oefen al weer vir 'n konsert met die Pretoria Simfonia. Hierdie keer speel ons die volgende stukke:
Mozart : Klavierkonsert nr. 23
Brahms : Serenade nr. 1
Mendelsohn : Fingal se grot
Tydens die oefeninge bring een van die lede sy mopshond saam. Op die foto kan mens die hond sien teen die agtergrond van my horing.
Henk van de Wetering speel 1e horing, ek speel 2de, en 'n jongman met die naam Ernst speel 3de. 31 Okt : SirkusDie Brian Boswell sirkus was in Pretoria. Dis nou die samesmelting van Brian's sirkus en Boswell en Wilkie.
Voordat die kinder te oud word, moes hulle darem 'n sirkus ervaar het.
Daar was die gewone sirkusitems. Allerhande akrobate, leeus en tiere, perde, honde, olifante en die narre om jou tussen in besig te hou. Vir die kinders was dit heel genotvol, en hopelik sal hulle dit nie vergeet nie.
Pouse kon kinders op ponies ry. Op die fotos kan mens die ring sien met die ponies en perde. Tydens die vertoning mog ons nie fotos neem nie. Tydens pouse het die kinders ook spookasem gekry. 29 Okt : Freek Kruger in AfganistanOns ouderling en vriend, Freek Kruger is in Afganistan gewees om van sy produkte wat hy maak te herstel.
Op hierdie sondag het sy vrou Louise en mev. Malan die sondag deurgebring. Ons het hierdie geleentheid gebruik om oor Skype met Freek te gesels, waar hy daar in die beheerkamer in Afganistan gesit het. Op die foto kyk mev. Malan en die kinders na die rekenaar. 28 Okt : EistedfodtOp hierdie saterdag was dit Eistedfodt vir die tuisskolers. Dit word gereel deur Cor Uys.
Diederik het saam met Nico Pienaar fotos van 'n sonsverduistering ingeskryf as 'n wetenskapprojek.
Verder het 4 kinders deelgeneem met instrumentale items. Diederik het "The March of the Tin Soldiers" op die trompet uitgevoer met papa op die klavier. Lite op die blokfluit, saam met Nico op die altblokfluit, Diederik met slagwerk en papa op die klavier het 'n verwerking van "Jingle Bells" opgevoer. Jurjen en Corneel het blokfluit gespeel saam met Nico.
Op die eerste foto speel Jurjen saam met Nico. Op die tweede foto is 'n sanggroepie van 'n ma en haar dogters. 22 Okt : JakarandatydDis weer Oktober en dis Jakarandatyd. Op die fotos sien mens die Jakarandas in bloei in Pierneefstraat in Villieria. |
|
|