Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 工具 帮助

日志


10月20日

19 Oktober : Sitrusplaas

Dit was 'n heerlike uitstappie na die Bresslers se Sitrusplaas naby Brits. Ons het op trekker deur die nartjie, lemoen en loematie boorde gery. Tydens die uitstappie was daar heeltyd lemoengevegte. Ons het stilgehou by die geboue waar die boompies ge-okkuleer word, waartydens daar ook 'n skattejag gehou is en die kinders hulle hand aan 'n ploeg kon slaan. Daarna het ons wors gebraai en lekker in die plaasdam geswem en reuse golwe gemaak.

Ons het ook drie sitrusbome gekoop.

DSC01509

14 Oktober : Marthen verjaar

Hierdie naweek het Marthen verjaar. Hy het 'n Lego fastflyer gekry as present, waarvoor hy 'n hele week moes wag. Op die foto is hy saam met nog lego stelletjies wat hy van die geld van sy presente gekoop het.

13102007(001)

Die sondag het die die Durand's en die van Reenens saam feesgevier.

12 Oktober : Ysskaats partytjie

As deel van Corneel en Marthen se verjaarsdag het die kinders saam met die Haasbroeke, die Krugers, van Oostrums, die Smite en die Gouwse gaan ysskaats in die Kollonade.

Dit was 'n lang partytjie van 10h00 tot 15h00. Op die foto is Marthen en Anabel.

DSC01502

7 Oktober : Corneel verjaar

Hierdie jaar het Corneel op 'n sondag verjaar. Hier is ons voor die kerk by die koek, en saam met Buster op Corneel se skoot.

07102007(001)

Die middag het die Krugers, van Oostrums en Haasbroeke saam vir koek, sop en pannekoek.

6 Oktober : Buster

Vandag het ons NOG 'n nuwe hond gekry. Corneel het ook 'n mopshond gekry vir sy verjaardag. Hy is 'n reuntjie en die laaste toevoeging tot ons potensiele telery. Sy naam is "Buster", aangesien dit een van die gewildste name is vir reuntjies in Amerika.

06102007(001)