Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 工具 帮助

日志


10月21日

20 Oct : Konsert by kinderhuis

Ons was by 'n konsert van die gemeente wat by die kinderhuis gehou is. Self het ons ook deelgeneem.
 
1) Diederik op trompet (March of the Tin Soldiers)
2) Lite op blokfluit (Jingle Bells)
3) Pappa het begeleiding op klavier en duet saam met Diederik op horing gedoen.
 
Baie talente in die gemeente het hier na vore gekom. Die groot treffer van die aand was die van Reenen seuns wat "De la Rey" gesing het.
 
Op die foto is Tina van Deventer se orkes. Viole en blokfluite, en Hein Kruger op klavier.
 
Die ander foto is die sangitem van Klub 4/5.

14 Oct : Marthen verjaar en oupa en ouma gaan terug

Marthen het op hierdie dag verjaar. Ons het sy partytjie gehad by die Spur op die lughawe. Ons het die kaartjies gebruik wat vir ons afslag gegee het. Later het oupa en ouma weer teruggevlieg met Kulula.
 
Dit was heerlik rustig op die pad, want dit was die dag einstryd tussen die bulle en die Cheetas.
 
Op die foto is ook een van SA Lugdiens se Airbus 340 vliegtuie.

11 Oct : Weer Jasmyn

Ons was saam met oupa en ouma by Jasmyn. Ons het toe koffie gaan drink by die meule. Die foto is van die meule af geneem. Dit was heel gesellig, maar die kos was nie indrukwekkend nie. Die koffie (al was dit Douwe Egberts) was effens flou, en die koek was nie besonder smaaklik nie.
 
Die supermark was goeie waarde soos altyd.

8 Oct : Potjiekos

Hierdie sondag het ons potjiekos gemaak. Dit was ook gedeeltelik ons 15de huweliksherdenking. Die dag het ons ook een van die rooiwyne wat tydens ons huweliksonthaal gebruik is gedrink. Op die foto kan die potjie en die bottel wyn gesien word.

7 Oct : Corneel verjaar

Op 7 Okt. het Corneel 10 jaar oud geword. Op die foto is hy by sy koek. Dit was 'n lekker partyjie omdat oupa en ouma ook by was. Vir 'n kombinasie van Corneel en Marthen se partytjie was ons ook nog saam met vriende by Zita Park, en die kinders het saam met die Pienaar kinders gegaan om te skaats by die Kollonade.

4 Oct : Oupa en Ouma

Oupa en ouma uit Stellenbosch het kom kuier. Hulle het opgevlieg met Kulula. Ons het hulle vlugte bespreek met 'n spesiale aanbieding. Kulula het kaartjie verkoop teen R200 enkel. Ons kon dus vir oupa en ouma betaal om hierheen te kom en terug teen 'n prys van R800.
 
Op die foto speel Diederik saam met oupa op die trompet.
 
Op die ander foto is ons by Die Opstal in Derdepoort. Ander eienaars het nou die Opstal oorgeneem. Hulle fokus hoofsaaklik of onthale, en hulle spyskaart vir koffiedrink is nie meer so interesant nie. Ons sal waarskynlik nie meer soontoe gaan nie. Dis net nie meer dieselfde as toe Roodbol nog die plek bedryf het nie.
10月7日

29 Sep : Malanseuns

Saam met ander tuisskoolgesinne het ons 'n uitstappie na Malanseuns se kwekery in Pretoria Noord gemaak. Dit was baie leersaam, en oupa en ouma was ook saam. Die gids was ook 'n tuisskool vader wat by Malanseuns werk.

29 Sep : Sonsverduistering

Op hierdie dag was daar 'n gedeeltelike sonsondergang. Nico en Diederik het met die teleskope daarna gekyk. Op die foto is Nico besig om met die teleskoop 'n beeld van die son op die witbord te projekteer, en die ander foto word die sonsverduitering gewys.

23 Sep : Mopshond Skou

Ons het vir Poetjie na 'n skou vir Mopshonde geneem. Dit was in Senderwoord in die Oosrand. Dit was 'n heerlike ontspanne dag. Die hondeskou was heel informeel, en Poetjie het selfs 2 pryse gewen. 3de prys vir "Best Black" en 2de prys vir "Best Black Bitch". Op die foto is Lite saam met Poetjie besig met die beoordeling vir die mooiste stertjie.

15 Sep : Mooi sonsondergang in Pierneefrif

Dit raak al lente. Op die foto is 'n mooi sonsondergang in Pierneefrif.

30 Aug : Verjaardag

Op my verjaardag het ons by Toni's gaan eet. Dit is 'n Pizza restourant in Deerness, stapafstand van ons huis. Dit was 'n lekker aand. Die pizzas was lekker en dit was goeie waarde vir geld.