| Bouwe van der E... 的个人资料Bouwe van der Eems照片日志列表 | 帮助 |
|
1月29日 17 Jan : Fraserburg en LoxtonNa Sutherland is ons na Fraserburg. Daar het ons middagete ge-eet. Na die ete by 'n plaaslike ou eetplekkie was ons na die dorpsmuseum en na fosielle op 'n plaas buite Fraserburg.
Na Fraserburg is ons na Loxton, waar ons net-net betyds was vir aandete by die Rooi Granaat. Ons was baie verras met die pragtige dorpie se skoonheid.
Na die aandete het ons deurnag gery na Pretoria. Langs die pad het ons weer die komeet gesien. 16 Jan : SutherlandDie 16de is ons weer op pad terug. Ons het via Sutherland gereis.
Op op pad na Sutherland het ons kortliks in Matjiesfontein gestop. Daar het die plaaslike kroegman ons sommer 'n begeleide toer deur die hotel gegee.
By Sutherland het ons gaan kyk na die teleskope. Die aand het ons by 'n privaatspersoon 'n toer deur die sterrehemel gedoen met sy teleskoop. Met ons aankoms het ons ook Mc Naught komeet gesien. Die aangehegte foto is nie ons s'n nie, maar ons het iets soortgelyk gesien.
Die volgende dag het ons die geboortehuis van NP van Wyk Louw en WEG Louw besoek, en daarna is ons deur na Fraserburg. 12 Jan : Lite se verjaardagVir Lite se verjaarsdag het ons die oggend koffie gedrink en pannekoek ge-eet by "De Zoete Inval" in Stellenbosch.
Die middag is ons na die kasino in Goodwood, waar ons geskaats het. Corneel het baie goed geskaats, en Ronald was die held van die dag, omdat hy 'n ervare skaatser is.
Op die foto skaats Ronald saam met Lite and Corneel. 10 Jan : Ratanga JunctionOns gesin, saam met Tania en kinder is die dag na Ratanga Junction, die pretpark naby Kaapstad.
Dis was nie 'n baie besige dag nie, maar nogtans moes ons lang tye in rye staan in die hitte. Dit was 'n lang dag, maar tog die moeite werd. Veral die Cobra is 'n ervaring. Kort maar baie kragtig. 8 Jan : FamiliefotosMet Maryke en Ronald wat saam met ons in Stellenbosch was, het ons die geleentheid gebruik om familiefotos te laat maak by die fotograaf.
Die fotos is gemaak by Cor Langenberg in die dorp. Op die foto wag van ons in die wagkamer, terwyl die ander afgeneem word.
Na die fotosessie het ons by mev. Wiep Wever gaan kuier. Sy woon in 'n woonstel naby die middedorp. 3 Jan : SaldanhaOp 3 Jan is ons gesin saam met Tania en haar kinder vir die dag deur na Saldanha. Ons het 'n hele tyd geneem om tot daar te ry via Philadelphia, Darling en Langebaan. Ons het ook verby Yskor se smeltery gery.
Nadat die honger mae gevul is met vis en skyfies het ons by die strand gaan sit, net lang die Hoedjiesbaai hotel.
Die middag het ons gekuier by tannie Wiesie, oupa Brand se suster wat daar woon. Petro, haar dogter was ook daar. 28 Des : Oupa en Ouma se huwliksherdenkingOp 28 Des was ouma en oupa se huweliksherdenking. Die oggend het ons 'n gesofistikeerde ontbyt by die huis gehad. Ouma en oupa het geskenke gekry. Een van die geskenke was 'n skootrekenaar, waarmee hulle nou ook op die Internet kan kom.
Die middag het ons gaan piekniek by Spier. 25 Des : Kersdag by tannie TaniaKersdag het ons by Tanie en Noel gekuier. Dit was 'n warm dag, en die kinders kon in die swembad swem. 22 Des : Vakansie in die KaapOp 22 Des is ons Kaap toe vir vakansie. Ons het oor Kimberley gery, om die besige vakansieverkeer wat oor Bloemfontein ry te mis. Die pad was in 'n goeie toestand en daar is geen tolpaaie nie.
Slegs op Beaufort Wes het ons druk verkeer gekry. Al die taxis uit die Kaap op pad na Transkei het ons 4 uur die oggend van die 23ste gekry. Al die petrolstasies was uiters besig. Gelukkig kon ons brandstof intap by 'n "Truck Stop" aan die ander kant van Beaufort Wes. Op die foto is die Heksriviervallei te sien.
By oupa en ouma het Jurjen 'n baie mooi geskenk gekry, naamlik 'n groot Lego vliegtuig. Oupa en Ouma het hierdie presies die regte geskenk uitgekies. |
|
|